Uitsluitsel oor InSight in sig

Foto: NASA/JPL-Caltech

Foto: NASA/JPL-Caltech

Nasa sal binnekort besluit of voortgegaan kan word om ‘n verdere $150 miljoen op die InSight-tuig te spandeer wat reeds na Mars moes vertrek het.

As die fout aan die tuig herstel kan word, sal dit in Mei 2018 na die rooi planeet gelanseer word. InSight se doel is om meer oor die dieper geologie van Mars te wete te kom.

Die probleem is dat die ruimte wat seismiese toerusting huisves, ’n klein lekkasie opgedoen het. As ’n motorband ’n lekkasie van dieselfde omvang opdoen, sou dit drie eeue neem voor dit weer nodig sou wees om die band te pomp. Dié ruimte moet ’n absolute vakuum bevat om die fynste beweging in Mars se oppervlak te kan meet.

Die bykomende $150 miljoen sal veroorsaak dat die projek sy begroting sal oorskry.

Lees meer: Space.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

cr ·

Nou maar hoekom stuur hulle dan nie maar net ‘n pomp saam nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.