Vermiste Marstuig na meer as tien jaar gevind

Foto: ESA/Facebook

Foto: ESA/Facebook

’n Britse landingstuig, wat deel was van ʼn projek van die Europese Ruimteagentskap (ESA), is pas op Mars se oppervlak gevind, nagenoeg 12 jaar nadat dit verdwyn het.

Die tuig, Beagle 2, het in Maart 2003 van die wentelende Mars Express vertrek om op die planeet te land, maar geen taal of tyding is daarvan ontvang nie.

Beagle 2 is egter nou op Mars ontdek nadat hoë-resolusie foto’s van Nasa se Mars Reconnaissance Orbiter bestudeer is. Beagle 2 is 2m in deursnee, net mooi binne die resolusievermoë van die Nasa-tuig se kamera.

Die foto’s toon dat Beagle 2 nie net geland het nie, maar ook gedeeltelik ontplooi is. Selfs die valskerm waarmee dit geland het is sigbaar. Dit is egter duidelik dat nie al die sonkragpanele oopgemaak het nie, wat verklaar waarom niks van die tuig verneem is nie. Al die sonkragpanele moet werk om genoeg krag vir kommunikasie te voorsien.

Daar bestaan dus ook geen moontlikheid om instruksies na die Beagle 2 te stuur om hom weer vlot te kry nie. Die tuig het boonop binne die beoogde landingsarea geland, net vyf kilometer van die middel daarvan.

ESA is verheug dat die tuig byna volkome ontplooi het. ESA beplan om in 2016 die Entry, Descent and Landing Demonstrator op die rooi planeet te laat land, en twee jaar later die Mars Exo-rover.

ESA se volledige berig kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marius ·

Ironies dat die mense bly is dat dit amper gewerk het. Ek hoop net die spul is weer so vrolik as Engeland amper die jaar se wêreldbeker toernooi wen.

Gerhardus Stroebel ·

Die wat nie verstaan dat enige sukses al lyk dit vir die leek sleg maar daar is lesse te leer en foute in ontwerp sal vorentoe vermy kan word. wanneer iemand argumentsonthalwe vir die eerste keer vleis braai en dit is swart aangebrand en nog rou binne, sal gaan probeer uitvind wat verkeerd gedoen is en met die volgende braaigeleendheid weer dit anders probeer en die vleis is nou weer rou na ‘n lang tyd op die vuur maar die vuur was te koud en so aan . Die ingenieurs kan as so iets gebeur uitwerk vir foute weet dat hul volgende projek sonder sekere foute wat so ontdek word die sukses verseker. Ek hoop julle kan my arguent snap

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.