Verskeie sendings na Venus beplan

Venus is duidelik sigbaar op dié foto Foto: "Venus-pacific-levelled" deur Brocken Inaglory via Wikimedia Commons

Venus is duidelik sigbaar op dié foto Foto: “Venus-pacific-levelled” deur Brocken Inaglory via Wikimedia Commons

Verskeie sendings na Venus word beplan, waarvan die belangrikste die Japannese Akatsuki-sending is wat in Desember om die aarde se naaste buurman sal begin wentel.

Die rede vir die belangstelling in Venus is dat dié planeet tegnies binne die sogenaamde Goue Lokkies-sone om die son val, wat beteken dat lewe daar moontlik sou wees, of in die verre verlede moontlik kon wees. Die planeet is egter weens sy geweldige dik atmosfeer en grondtemperatuur wat só warm is dat dit lood sal smelt, onbewoonbaar.

Deur meer te wete te kom oor Venus se atmosfeer, kan wetenskaplikes wat eksoplanete in hul sterre se Goue Lokkies-sones bestudeer, baie tyd bespaar deur planete uit te skakel wat soortgelyke atmosferiese toestande het as Venus.

Verskeie teleskope wat sulke planete kan bestudeer is in die pyplyn, waaronder die ALMA, die GMT en die SKA.

Bron: Beau Desert Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.