[Video] Blou maan vanaand te sien

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die tweede volmaan in een maand kan vanaand, 31 Julie 2015, gesien word. In die volksmond staan dit bekend as ‘n “blou maan”.

‘n Blou maan is die tweede volmaan in een kalendermaand. Dit kan net gebeur wanneer die maan baie vroeg in die maand vol is sodat dit sowat 29.5 dae later (die gemiddelde tydperk tussen volmane) in dieselfde maand weer vol kan wees.

Hieruit volg dat ‘n mens twee volmane, waarvan die tweede een die blou maan is, in enige maand kan hê, maar natuurlik nie in Februarie nie. ‘n Blou maan kkom gemiddeld net een keer in 33 maande voor. (Blou mane is weer in Januarie 2018, Maart 2018 en Oktober 2020 te sien.)

Daar is ander opvattings oor wat die blou maan is.

In die vroeë uitgawes van die Farmer’s Almanac in die staat Maine in die VSA is die blou maan beskryf as die derde volmaan in ‘n seisoen wat vier volmane het. (Dié Almanac het die eerste volmaandatum in die maand in rooi gedruk en die tweede in blou – een rede vir die naam blou maan.) Hoekom juis die derde een?

Die antwoord hou verband met die Christelike kerkkalender. Party jare het ‘n ekstra volmaan – dertin in plaas van twaalf. Aangesien die name van die mane belangrik was vir die kerkkalender (die Paasvolmaan se datum, byvoorbeeld, was van die uiterste belang om die datum van Paasfees te bepaal), het ‘n jaar met dertien volmane die kalender nadelig beïnvloed omdat daar net 12 mane kon wees. Deur die 13de volmaan die naam blou maan te gee, kon die kerkkalender normaal funksioneer. Die Engelse almanacs was baie belangrik as ‘n rekord van nuwe mane en volmane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.