[Video] Iets het Jupiter getref

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Paar amateur astronome het vandeesmaand ʼn merkwaardige verskynsel opgemerk: iets het Jupiter getref.

Indien dit bevestig word, sal dit die een van slegs ʼn paar voorvalle wees waar só iets opgeneem is.

Daar is nog nie bevestiging nie, en al wat mens op die video’s kan sien wat aanlyn gepubliseer is, is ʼn flitslig wat skielik aan die kant verskyn, waarskynlik toe ʼn komeet of asteroïed die gasplaneet getref het.

John McKeon, een van die sterrekykers, het op Reddit onder die gebruikernaam “bubbleweed” bevestig dit het op 17 Maart om 00:18:45 UT (02:18:45 Suid-Afrikaanse tyd) plaasgevind.

Rob Landis van NASA se planetêre koördineringskantoor het aan IFLScience gesê daar is nie tans enige planne om opvolgwerk te doen met byvoorbeeld die Hubble-teleskoop nie. Hy het bevestig dit is waarskynlik die sesde keer wat só impak sedert Julie 1994 gebeur het en waargeneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

FC ·

Jupiter is so 628 miljoen km van ons af.
Dit sal nog ‘n rukkie wees voor sulke nuus hoegenaamd vir my enige iets beteken.

Xa ·

Moet daarom nie lees nie. Daars oorgenoeg sport en sepie nuus om jou besig te hou. Daar is mense met n wyer belangstellingsveld.

Carl Jordaan ·

Jupiter met sy enorme massa is dalk die stofsuier of dan astroidsuir van ons planete stelsel wat keer dat die aarde nie gepeper word nie. Daar is wel baie wat ons hemelruim binnedring, maar genadiglik brand hulle uit en sit ons net met die stofdeeltjies. Waar die astroide wel groot genoeg was om deur te kom, is daar enorme skade veroorsaak. Dit bly een van die mensdom se grootste vrese daar so iets weer kan gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.