[Video] Musk laat ook vuurpyl weer land na lansering

Lang beligtingstyd van die lansering, terugkeer en landing van die Falcon 9-vuurpyl Foto: SpaceX

Lang beligtingstyd van die lansering, terugkeer en landing van die Falcon 9-vuurpyl Foto: SpaceX

Space X, die maatskappy van die Suid-Afrikaans-gebore Elon Musk, het Maandagaand ook daarin geslaag om ’n deel van ’n vuurpyl naby die lanseerplek te laat land sowat tien minute na dit gelanseer is.

Dié prestasie is ‘n maand gelede deur sy opponent, Jeff Bezos van Blue Origin, en ook grootbaas van Amazon, behaal.

Musk se pretasie was egter groter omdat dit tydens ’n kommersiële vlug bereik is waartydens satelliete in wentelbane om die aarde geplaas is, terwyl Blue Origin dit tydens ’n toetsvlug bereik het. Blue Origin se tuig het ook net tot sub-omwentelingshoogte opgestyg.

Die vuurpyl kan nou opgeknap en hergebruik word wat groot kostebesparing teweeg bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

FC ·

Die amerikaners het nou eenmaal maar net ‘n manier om enige iets erg opwindend te laat klink

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.