Video: Nuwe kabels vir Internasionale Ruimtestasie gelê

Foto: YouTube/Nasa

Foto: YouTube/Nasa

Twee bemanningslede van die Internasionale Ruimtestasie het reeds ver gevorder met die lê van nuwe kabels aan die buitekant van die tuig.

Die finale ruimtewandeling om dié werk af te handel word vir 1 Maart beplan. Die eerste ruimtewandeling het langer as ses ure geduur, en was die 185ste ruimtewandeling wat vanuit die tuig plaasgevind het.

Die nuwe kabels is nodig vir die aanbring van nuwe vasmeermodules wanneer Space X en Boeing in 2017 die eerste bemande reise na die internasionale ruimtestasie onderneem. Dit word as die grootste bedradingswerk in die geskiedenis van ruimtevaart beskryf.

Nuwe kabels moet ook aan die binnekant van die ruimtestasie gelê word.

Die volledige berigte in die Christian Science Monitor kan hier en hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.