[Video] Ongelooflike beeldmateriaal van die son

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Nasa het sy eerste paar ultrahoëdefinisie-video’s vrygestel en die resultate is werklik besonders.

Een van die video’s is ʼn asemrowende 30 minuut lange video van die son, wat saamgestel is uit data wat deur die sonkragdinamika-sterrewag (SDO) opgeneem is.

Die SDO is vroeg in 2010 gelanseer en neem in 10 verskillende golflengtes deurgaans foto’s van die son. Elke golflengte plaas die fokus op ʼn ander temperatuur van sonkragmateriaal. Nasa kan gevolglik rekord hou van sonaktiwiteit soos, onder andere, sonvlamme.

Nasa het al hierdie beelde saamgestel om ʼn beeld van die son te skep soos wat jy dit nog nooit vantevore gesien het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dee ·

Volume Genis, volume! Jy weet tog waar om dit af te skakel. Check die handbook.

Annie ·

Ai rerig Genis???? Kon jy nou werklik nie maar net die video klank afsit en dit dan in stilte kyk nie? Hoekom moet daar mense soos jy wees wat alewig n negatiewe kommentaar moet lewer?

SNEL ·

Hoe Groot is ons God, en ons… n spikkel in dit alles ontverm Hy hom oor.

Eugene ·

Jesus die Son van geregtigheid – Mal. 4:2 ALLES IS DEUR HOM EN IN HOM GESKEP

Muller ·

Ongeloooooflik mooi! Soos een groot vuurspugende vulkaan! Wow!!!

Genis ·

Dee en Annie – jammer dat julle my kommentaar as negatief ervaar het, dit was nie so bedoel nie. Die onheilige wanklanke wat die NASA beelde vergesel is egter onuithoudbaar, en dit is jammer dat dit die beelde van die hemelse skoonheid soos ‘n sleepvoet beëlsebul en sy swerm vlieë vergesel. Hulle kon gerus ‘n beter keuse gemaak het sodat dit nie vir mens voel of Hannibal Lecter besig is om mens te bekruip nie.

Johan 2 ·

Dankie v die berig! Dis altyd vir my snaaks” om my hand uit te steek na die son en n voorwerp te voel wat so vêr van ons af is.

Marius van Niekerk ·

En hulle se dat alles met die Big Bang begin het…… Rerig, sulke “magic” kan net van God die Almagtige kom, en ontstaan.

Johan 2 ·

En die big bang nie? So volgens jou Marius kon God nie iets so groot soos die big bang maak nie…net iets so groot soos n son. Ai wat n primitiewe god dien jy dan nie.

Tobie ·

Die vraag is Johan, glo jy dit het in sewe dae gebeur?

Want, as God wel die big bang gemaak het is dit onmoontlik vir die sterre om sover van mekaar af te wees dat lig etlike jare vat om van die een na die ander te trek.

Ek glo, Hy het dit in een dag, elkeen op sy plek gesit. Hoe? Want Hy kan.

Of gaan jy se dat elke dag voel soos n duisend jaar? Wel, as dit so was sou die sterre moes verplaas word teen die spoed van lig, om, na n duisend jaar, n duisend lig jare van ons af te wees. En ons almal weet wat gebeur as matter teen die spoed van lig beweeg ne.

Hoekom wil jy God se woorde verdraai sodat dit vir jou mens brein sin maak?

EMK ·

Hoekom tog nou weer mekaar persoonlik aanval? Ai! Geniet die video net vir wat dit is. Groots!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.