[Video] Resies na die maan skop af

Google se uitdaging aan private maatskappye om die eerste te wees om ’n tuig op die maan te laat land, is onlangs met mening aan die gang gesit (Foto: Moon Express)

Google se uitdaging aan private maatskappye om die eerste te wees om ’n tuig op die maan te laat land, is onlangs met mening aan die gang gesit.

Die maatskappy, Moon Express, het sy panne in meer besonderhede bekend gemaak. Die uitdaging sal in drie fases geskied.

In die eerste fase, wat in Google se kompetisie bekend staan as Lunar X-Prize, moet die eerste maanbesoek reeds vanjaar plaasvind. Daarmee hoop Moon Express om die prysgeld van $20 miljoen (ongeveer R259 738 000) syne te maak.

In 2018 sal die volgende sending geloods word wat die maan se suidpool sal verken en ’n permanente laboratorium daar sal plaas, met die hoofdoel om na bruikbare water te soek.

Teen 2022 beoog die maatskappy om maanrots na die aarde terug te bring. Uiteindelik wil die maatskappy die maan ekonomies ontgin.

Lees meer oor dié reis in New Atlas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eish ·

Moon Express het blykbaar reeds in 2016 toestemming van die VSA regering ontvang om op die maan te land. n Mens kan net bespiegel oor watter wetgewing die ruimte ekplorasie gaan beheer sodra die private sektor die veld betree. Dit sal seker die vorm anneem soortgelyk aan wetgewing tov lande se kuslyn en die hoeveelheid seemyl wat daarbinne ressorteer. Dit kan baie interressant raak indien winsgewende ontginning gedoen kan word. Heeltemal n nuwe spesialis afdeling vir die regsberoep.

Phumba ·

Dis verbasend dat lande soos Amerika se toestemming gevra moet word voor jy op die maan mag land.

Aan wie behoort die maan?

Ek het al gehoor van karakters wat “stands” op die maan verkoop het.

Johann Marx ·

Natuurlik moet die Amerikaners gevra word, hulle het die maan gekolonialiseer. Hulle het dit by die maan mannetjies “gesteel” vir ‘n paar sigarette en ‘n ou voorlaaier…..Die maan mannetjies het nou ‘n grond-eis ingestel, en wil die maan terug vat sonder kompensasie…..want die Amerikaners het in 1990 daarvoor JA gestem….sodat hulle weer kan rugby speel op die maan….hehehehe…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.