Video: Só gaan mense na Mars reis, verduidelik Musk

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Elon Musk, stigterslid en uitvoerende hoof van SpaceX, het Dinsdag sy planne bekend gemaak hoe persone na Mars sal reis om ʼn kolonie op dié planeet te vestig.

Die Suid-Afrikaans gebore Musk het tydens ʼn SpaceX-geleentheid verduidelik hy gaan van ʼn ruimteskip en vuurpyl gebruik maak om mense in ʼn wentelbaan te stuur, dan sal die aandrywer terugkeer na die Aarde om hervul te word, voor dit weer na die skip teruggestuur word vir genoeg brandstof na Mars, berig Fortune.

Die eerste sending kan reeds in 2024 plaasvind, het hy verduidelik en mense sal na verwagting binne 80 dae by Mars aankom.

Dié “interplanetêre vervoerstelsel” sal ongeveer $200 000 per persoon kos.

Volgens Musk is ongeveer 1 miljoen mense nodig om ʼn selfvolhoudende samelewing op die planeet te vestig en dit sal tussen 40 tot 100 jaar duur van die eerste persone by die planeet aankom om dié teiken te haal, berig The Verge.

Musk sal tussen 100 en 200 persone per keer in ʼn vloot van ongeveer 1 000 skepe stuur, en daar sal na verwagting elke twee jaar ʼn vloot ruimteskepe na Mars gestuur word.

“Ons het gewys dit is moontlik, die droom is werklik. Ek dink ondersteuning vir die projek sal mettertyd begin sneeubal,” het hy Dinsdag gesê. “Die grootste rede waarom ek self bates bymekaarmaak, is om dié projek te finansier.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

johann barnard ·

Sorteer eers die aarde se gemors uit voor julle mars gaan opneuk.Mars kan sonder mense klaar kom,glo my maar.

Foxi ·

Johann ek stem saam. Vermors van geld! Ons wêreld en sy inhoud is in n groot gemors.

Johan 2 ·

Dankie tog vir denkinde privaatsektor…terwyl NASA zero-g toilette ontwerp vorder space X! Ek kan nie wag nie..en sorteer die aarde uit, nee wat die aarde sal altyd probleme hê, vooruitgang kan nie daarvoor wag nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.