Video: So lyk maan se “agterkant”

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Nog geen mens het sy voete gesit aan die kant van die maan wat altyd weggedraai is van die aarde nie, en geen sending is nog na daardie kant onderneem nie. Maar sedert die Russe in 1959 ‘n tuig by die maan verbygestuur het en foto’s na “agter” van die maan geneem is, het die geheime van hoe dit daar lyk, begin ontvou.

Nasa het pas ’n gesimuleerde video bekend gestel wat wys hoe die agterkant daaruit sien. Dit is uit beelde wat deur die Lunar Reconnaissance Orbiter saamgestel.

Net soos ons van die aarde weens effense variasies sowat 59 % van die maanoppervlak van die aarde kan sien, kan ’n mens op die video ook van die agterkant van die maan sowat 59 % van die kant wat altyd van die aarde weggedraai is te siene kry.

Lees die volledige artikel in die Christian Science Monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.