SpaceX het op 10 Januarie suksesvol die Falcon 9-vuurpyl met die Dragon-vragkapsule lanseer.
Die Dragon vervoer 2 260 kg voorraad na die internasionale ruimtestasie, insluitend noodsaaklike materiaal om 256 wetenskap- en navorsingsondersoeke te ondersteun, het NASA gesê. Die vuurpyl sal ook ʼn IMAX-kamera na die ruimtestasie vervoer om in toekomstige ruimte-uitstappies gebruik te word.
‘n Poging om ‘n deel van die Falcon 9-vuurpyl veilig terug te bring, was egter nie suksesvol nie, berig die BBC.
Klik hier om meer oor die projek te lees.
Klik hier om regstreekse uitsendings te sien.