Video: Vergeet eers Mars – reis na Venus

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

’n Groep wetenskaplikes by Nasa werk aan ’n konsep om die mens se eerste reis na ‘n ander planeet nie na Mars nie, maar die aarde se naaste buurman, Venus, te onderneem. Nasa beoog op die oomblik om iewers na 2030 die eerste bemande sending na Mars te onderneem.

Venus is meer as die helfte nader aan die aarde, en stem in baie opsigte soos grootte en swaartekrag, ooreen met sy susterplaneet, die aarde.

Maar daar is nog geen formele planne om na Venus te reis nie, en ook nog geen finansiering daarvoor in die pyplyn nie. Die redes daarvoor is eenvoudig. Die atmosferiese druk op Venus se oppervlak is ongeveer negentig keer so kwaai soos op aarde, en die temperatuur op die oppervlak is ongeveer vyf keer die kookpunt van water. Boonop is die atmosfeer gelaai met gasse wat ruimtepakke gou sal wegvreet.Geen wonder die landingstuie wat na Venus se oppervlak gestuur is, het kort na hul aankoms opgehou werk nie. Die son kom in die weste op en sak in die ooste, maar die dae is langer as ’n jaar.

Geen probleem nie, sê die wetenskaplikes van Nasa se direktoraat Systems Analysis and Concepts van die Langley Research Centre. Die direktoraat se leuse is Defining the Art of the Possible.

Sowat vyftig kilometer bo Venus se oppervlak is die atmosferiese toestand baie soos op die aardoppervlak. Dis nog wel heelwat warmer as op aarde (sowat 80 grade) maar dit kan deur moderne tegnologie oorkom word. Die projek om uiteindelik bemande lugbalonne op hierdie hoogte te ontplooi word HAVOC genoem (High Altitude Venus Operational Concept).

Terwyl drome oor ‘n wolkestad gedroom word soortgelyk aan die reeks Star Wars, is die eerste beplanning  vir ’n bemande sending bloot ’n aantal lugbalonne wat vir sowat dertig dae ‘n bemanning dra, en waartydens die planeet en veral sy atmosfeer in veel meer detail as tot dusver beplan kan word. Uiteindelik sal dar ’n semi-permanente bemanning wees wat mekaar aflos.

Die Christian Science Monitor se artikel kan hier gelees word.

Die artikel in Geek kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Venus, die godin van die liefde. Ek is obses met haar. Wil saam met die eerste reis Venus toe gaan.

Elizabeth ·

Ag nee wat Trips, ons SWEET hoeka woes hier in die Desember hitte, nou wil jy daar gaan doodbrand ; ) !

Trippie ·

Nee dit sal lekker wees. Dan vat ek sommer een van my dosyne lovers saam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.