Video: “Vlieënde piering” stort in Stille Oseaan

Die opgewonde span van Nasa (Skermskoot uit die video)

Die span van Nasa (Skermskoot uit die video)

’n Eksperimentele tuig wat ontwerp word om swaar vragte op Mars neer te laat, en wat soos ’n vlieënde piering lyk, het in die Stille Oseaan neergestort na ’n reuse valskerm geskeur het.

Die valskerm met ‘n deursnee van sowat 30 meter, moes die tuig, die Low Density Supersonic Decelerator se spoed verminder.

Dit is die tweede van dié tuie wat in alle opsigte op hoë hoogtes waar die lugdruk soortgelyk aan die dun lugdruk van Mars is, suksesvol getoets is, behalwe dat die hoof-valskerm elke keer die gees gegee het. Na die eerste probeerslag is die valskerm nog verder versterk en herontwerp, maar het tog ingegee kort na, of kort voor dit heeltemal ontplooi is.

’n Tuig wat swaar vragte soos habitat-omhulsels op Mars kan neerlaat, is nodig voordat bemande reise na die rooi planeet onderneem word.

Terwyl die “vlieënde piering” teenspoed met die valskerm gehad het, het die planetêre verenging se tuigie wat met ’n sonwindseil toegerus is, LightSail, sy seil na ‘n paar kinkels suksesvol ontplooi.

Lees meer: NASA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.