Video: Wetenskaplikes bly om terug uit Mars-simulasie te wees

Die wetenskaplikes word met hul families herenig na 'n jaar van die eksperiment (Foto: 'n Skermskoot uit die video)

Die wetenskaplikes word met hul families herenig na ‘n jaar van die eksperiment (Foto: ‘n Skermskoot uit die video)

Ses wetenskaplikes wat ’n jaar lank op ’n vulkaan in Hawaii geleef het in omstandighede wat ’n toekomstige Mars-sending simuleer, is einde Augustus met hul gesinne herenig.

Dié wetenskaplikes het gesê hulle het tydens die voorbereiding vir die Mars-sending verwyder van die aarde en hul families gevoel.

Die sestal het in ’n dubbelverdieping-habitat met ’n deursnee van tien meter gewoon, en hul enigste uitstappies na buite was in ruimtepakke, en dan oor kaal vulkaniese rots wat toestande op Mars naboots. Selfs radiokommunikasie met die buitewêreld is met 20 minute vertraag om die tyd na te boots wat radiogolwe van die aarde na Mars neem.

Dié Hawaii Space Exploration Analog and Simulation-eksperiment was die langste eksperiment van sy soort wat deur Nasa uitgevoer is, en die tweede langste op aarde.

Die doel van die eksperiment was om vas te stel watter sielkundige en fisieke uitwerking die langdurige isolasie en saambondeling met die spanmaats op mense het. ’n Reis na Mars sal ongeveer ses maande duur, en die rit terug ook.

Cyprien Verseux, een van die wetenskaplikes, het gesê dié eksperiment dui daarop dat ʼn Mars-sending in die nabye toekoms is.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.