Vloeibaarheid van Enceladus se oseaan verklaar

Enceladus (Foto: Nasa via Wikipedia)

Wetenskaplikes onder die leiding van die Franse wetenskaplike Gael Choblet het deur ’n simulasiemodel vasgestel wat moontlik kon verhinder het dat Saturnus se maan, Enceladus, se oseaan onder ’n relatief dun yslaag nie lank gelede reeds verys het nie.

Volgens wetenskaplikes is Enceladus te klein om slegs deur gravitasie (swaartewerking) die oseaan langer as 30 miljoen jaar in vloeibare vorm te hou.

Volgens die model is Enceladus se kern bros. Saturnus se gravitasie veroorsaak dat die rotse teen mekaar druk en skuur wat die hitte opwek. Dit beteken Enceladus kan tussen 10 en 30 miljard watt hitte opwek, terwyl sowat 20 miljard watt nodig is om die oseaan vloeibaar te hou. Dieselfde hittebronne kan ook verantwoordelik wees vir die spuit van water diep die ruimte in.

Die wetenskaplikes meen ook die tydperk wat die ys gesmelt kan bly, is lank genoeg om die toestande geskik vir lewe te vorm.

Enceladus is sowat 505 km breed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eish ·

Goeie berig, tot die evolusie aanhangers se stuiwer in die armbeurs gegooi word.
” … om die toestande geskik vir lewe te vorm.”

Wat impliseer die spontane ontstaan van lewe oor miljoene jare soos op aarde, uit n pot kokende biotiese sop.

Asseblieftog, lewe word geskep, dit ontstaan nie spontaan nie.

Herman Toerien ·

Hallo Eisj. Die ontstaaan van lewe en evolusie (‘n woord wat ek prbeer vermy), is twee verskillende vakgebiede. Ek dink Joh 1:1, die derde skeppingsverhaal in die Bybel, is baie beskrywend, en ek self sal nooit God se rol (eintlik baie meer as net ‘n rol) ontken nie.

Willeding ·

Natuurlik kan lewe ontstaan uit ‘n pot sop en Jeremy England van MIT se model is besig om al meer aanhang te kry onder wetenskaplikes. Sy model beskryf baie akkuraat presies wat die meganismes is wat lewe laat ontstaan. Die kern van sy model is dat die heelal altyd neig na ‘n hoër vlak van entropie en lewe help hierdie proses aan. Dit is die fundamentele krag wat ewolusie dryf.

Henk ·

Waarom gee die sogenaamde wetenskaplikes so baie om oor onbenullige planete miljoene kilometers ver weg van die Aarde waarop ons bly? Waarom fokus hulle nie eerder op maniere om die aarde te beskerm teen die genadelose aanslae van die mensdom hierop nie? Na alles WEET hulle nou mos al dat daar NIE nog ‘n aarde is NIE en dat die mensdom nerens het om heen te vlug as hulle alles hier opgeneuk het nie. Wat ons daagliks 100% reg kry!

Puntman ·

Dankie vir andermaal ‘n goeie artikel Herman.

Net ‘n klein regstelling.

In Afrikaans (en Nederlands) gebruik ons tegnies en wetenskaplik die term “warmte” en nie “hitte” nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.