VSA maak weer plutonium 238 vir ruimtereise

Curiosity wat op Mars rondbeweeg.

Curiosity wat op Mars rondbeweeg.

Die VSA se departement van energie het bekend gemaak hy het daarin geslaag om in samewerking met Nasa sowat 50 gram plutonium 238 te vervaardig.

Nasa verkies dié plutoniumvorm vir kernkragopwekking op ruimtetuie, soos ook op Curiosity wat op Mars rondbeweeg. Ook New Horizons en die Voyagertuie maak hiervan gebruik.

Plutonium 238 is 27 jaar laas op Amerikaanse bodem vervaardig en dit blyk nou daar is nog net genoeg oor om drie batterye te maak. Die 50 gram wat nou gemaak is, is ver te min om Curiosity se opvolgtuig, wat vir 2020 beplan word, aan te dryf. Hy gaan na raming sowat 4 kilogram plutonium 238 benodig en daar word beoog om die produksie te vermeerder.

Plutonium 238 het ’n belangrike sekondêre funksie omdat dit baie hitte afgee wanneer elektrisiteit opgewek word, wat belangrik is om die sensitiewe instrumente in bitter koue ruimtetoestande warm te hou.

Bron: Popular Science

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mike Visagie ·

Die skrywer bedoel seer sekerlik Plutonium 239 of Uraan 238. Nie omruilbaar nie en definitief nie dieselfde nie.

Johan 2 ·

Seker n isomeer van plutonium. Daarom so skaars vervaardig… wens my fisika was nie so geroes nie:).

Matie Hoffman ·

Lyk my dit is wel Pu-238 -Neptunium-237 from the Idaho National Laboratory is mixed with aluminum and then irradiated in a reactor to produce neptunium-238, which quickly decays to become plutonium-238.

Herman Toerien ·

Baie dankie Matie. Sjoe, ek word elke dag net meer beïndruk deur die kwaliteit van Maroela se lesers. In watter ander nie-wetenskaplike publikasie sou lesers oor ‘n kwessie soos hierdie debat voer?

Deon Bruyns ·

Heelwat inligting in die artikel is onakkuraat.
Bv.: VSA het 17kg Pu-238 wat voldoende is vir beide die 2020 en 2024 ruimte-sendings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.