VSA-ruimtevaarder het in die ruimte gestem

Shane Kimbrough (19 Oktober 2016) Foto: AP Photo/Ivan Sekretarev, Pool, File)

Shane Kimbrough (19 Oktober 2016) Foto: AP Photo/Ivan Sekretarev, Pool, File)

Die ruimtevaarder Shane Kimbrough, die enigste Amerikaanse burger wat tydens die VSA-verkiesing in die ruimte was, het sy stemreg vanuit die internasionale ruimtestasie uitgeoefen.

Kimbrough (45) het in die middel van Oktober by die ruimtestasie aangekom, en hy het gestem terwyl die stasie teen 27 000 km/h om die aarde gewentel het. “ʼn Elektroniese en veilige stembrief is na die lid gestuur van die klerk in sy distrik. (Die ruimtevaarder) het die vorm ingevul en dit elektronies teruggestuur. Dit was alles vertroulik, dit was alles privaat,” het Nasa verduidelik.

ʼn Wet van 1997 in Texas laat ruimtevaarders toe om ook aan die verkiesing deel te neem, al is hulle nie op aarde tydens die stemmery nie. Hulle moet een jaar voor lansering hul stembriewe versoek.

Kimbrough het voor die vier maande lange sending gesê dit sal spesiaal wees om te kan sê, “Ek het uit die ruimte gestem”, berig die Daily Mail.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adoons ·

Hmmm… Wonder nogal vir wie hy gestem het? Dalk vir die man in die maan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.