VSA-ruimtevlugte ‘onwaarskynlik’ teen 2017

Foto: Pixabay, Wiki Images

Foto: Pixabay, Wiki Images

Planne dat die VSA, met die hulp van private kontrakteurs, reeds teen 2017 weer bemande ruimtevlugte sal kan onderneem, blyk onwaarskynlik te wees.

Dit volg nadat NASA se inspekteur-generaal die afgelope week in ʼn verklaring gesê het dat bemande ruimtevlugte vir die VSA waarskynlik nie voor die einde van 2018 sal kan plaasvind nie.

Dié verwikkelinge word toegeskryf aan die ontploffing van die SpaceX-vuurpyl die afgelope Vrydag. Die vuurpyl het op 2 September 2016 net voor lansering by Cape Canaveral ontplof.

Aldus die verklaring sal verskeie vertragings aan Nasa se kant ook daartoe lei dat ruimtevlugte tot en met 2018 herskeduleer moet word.

Die VSA moes intussen al $3,4 miljard aan Rusland betaal om Amerikaanse ruimtereisigers na die Internasionale Ruimtestasie te neem.

Indien die oorspronklike teikendatum vir bemande Amerikaanse ruimtereise teen 2015 behaal sou wees, sou die VSA na raming reeds ongeveer $1 miljard bespaar het.

Bron: Christian Science Monitor

Die ontploffing wat tydens SpaceX se lansering plaasgevind het (Foto: Christian Science Monitor)

Die ontploffing wat tydens SpaceX se lansering plaasgevind het (Foto: Christian Science Monitor)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

M ·

Die Here het die Hemel en aarde geskape. Daar is net een hemel en een aarde. Waarom biljoene mors op ruimte vaardings en maan landings???? Genade gebruik daardie geld meer effektief.
Hierdie aarde ons enigste het Redding nodig – doen iets om ons planeet ons aarde te red…..
In 1980 het Bony M – Don’t kill the word being…
Navorsers is besig om moeder aarde te vermoor.

Popeye ·

M, het jy internet? Het jy DsTV? Kyk jy weervoorspellings op TV of op jou slimfoon?

bendons ·

1:Ruimte navorsing is juis nodig om ons moeder aarde te red.
2:Waarom die VSA nog vasklou aan vuurpyl krag verstaan ek nie. Hoekom gebruik hulle nie Antigravitase 4 megatron magnetisme tegnologie.
Laat ‘n mens wonder nê.
Tongin diekies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.