Vulstasie op die maan

Grafike:  Christine Daniloff/MIT

Grafike: Christine Daniloff/MIT

Dit gaan goedkoper wees om eers by die maan aan te doen en daar die brandstoftenks vol te maak vir die reis na Mars, aldus Takuto Ishimatsu, navorser aan die Massachusetts Institute for Technology.

Brandstof maak 98% van die totale gewig uit van ’n vuurpyl wat die aarde se aantrekkingskrag moet ontsnap vir ’n reis na die buitenste ruim. Ishimatsu meen dit sal veel goedkoper wees om met minder brandstof op te styg, en dan onderweg vol te maak.

Volgens hom is die bestanddele vir vuurpylbrandstof reeds op die maan, naamlik waterys en regoliet. Die brandstof kan van die maan met geoutomatiseerde vuurpyle na verbykomende tuie geneem word sodat die tuie nie op die maan hoef te land nie.

Boonop, sê Ishimatsu, is daar ook regoliet en waterys op Mars en kan die vuurpyle weer daar volgemaak word.

Lees meer in Trouw en Astronomy Magazine

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Petrol jogies op die maan wat a leke joppie ek sal deventief belangstel

Tobie ·

Ek hoop net die badkamers is skoon. Mmm, wonder of kan hulle nou al deur die Van Allen Radiation belts gaan….?

Daars nou n artikel wat wag om geskryf te word Maroela.

Johan 2 ·

Lees gerus op oor die “Mars Direct” plan..ons het nie die maan stop nodig nie.

Johan 2 ·

Dr.Robert Zubrin se span het n missie na mars ontwerp wat teen n fraksie van die prys (en dit was die probleem v NASA) in die 80s Mars kon bereik met 3 bemannings lede plus n rugsteun tuig. Hul het gesê ons moet dit verken soos die eerste mense suksesvol die noordpool ontdek het “travel light and live off the land”. As jy met n te groot tuig gaan en met te veel bronne aanboord raak dit duur, gevaarlik en onprakties. Die ontdekkers wat suksessvol is reis lig en maak wat hul nodig het waar hul is. Volgens Robert ontwerp NASA toerusting en dink dan gebruike daarvoor uit terwyl die suksessvole Apolo program n doel gehaat het en dan toerusting ontwerp het vir daai doel…..less gerus oor dit, is baie interresant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.