Vyfde natuurkrag straks gevind

’n Spiraal-sterrestelsel. Sterrestelsels word “aan mekaar gehou” deurdat dit uit 85% donker materie bestaan wat die mensdom nog net onregstreeks kan waarneem (Foto: Pixabay, Wiki Images)

’n Spiraal-sterrestelsel. Sterrestelsels word “aan mekaar gehou” deurdat dit uit 85% donker materie bestaan wat die mensdom nog net onregstreeks kan waarneem (Foto: Pixabay, Wiki Images)

Naas die vier bekende natuurkragte, gravitasie, elektro-magnetisme, swak en sterk kernkrag, meen wetenskaplikes hulle het nou moontlik ’n vyfde natuurkrag gevind wat met donker materie verbind kan wees.

Donker materie maak ongeveer 85% van alle materie in die heelal uit, maar dit absorbeer of straal nie lig uit nie, en is daarom baie moeilik om op te spoor.

Hongaarse navorsers het vroeg vanjaar ’n partikel, net 30 keer swaarder as ’n elektron, ontdek. Hulle kon egter nie ’n verband met ’n moontlike nuwe krag aantoon nie.

Prof. Jonathan Feng en ʼn span wetenskaplikes van die Universiteit van Kalifornië, Irvine, het dit egter verder ondersoek en bevind dat die Hongare nie ’n sogenaamde donker foton ontdek het nie, maar eerder ’n protofobiese X-boson. Die bevindings is in die vakjoernaal, Physical Review Letters, gepubliseer.

Dit is glo dié protofobiese X-boson wat dui op ʼn vyfde natuurkrag. Die bekende elektromagnetiese deeltjies leef op protone en elektrone, maar hierdie nuutgevonde deeltjie is in wisselwerking met slegs elektrone en neutrone.

Prof. Matie Hoffman, verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se departement Fisika, het vroeër vandeesmaand gesê dit sal ’n ongelooflik belangrike ontdekking wees as dié bevinding oortuigend bevestig kan word.

Bron: Space

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

mogalecity inwoner ·

Nog ‘n donker krag?… 85% van alle materie bestaan daaruit! Gaan daar in die ruimte nou ook getoi- toi word?
Is die donkerkrag nou dieselfde as wat al die jare as “swartgate” bekend gestaan het?

Dommie ·

Interessant, maar kan iemand dalk in leketaal aan ons dommies verduidelik wat dit alles beteken? Hoe gaan dit die mens en sy welsyn raak?

henk ·

maklik Dommie, hierdie “ontdekkings” word deur dieselfde dwase gemaak wat hulle bes probeer om ons te vertel dat ons voorouers danksy evolusie teorie ontstaan het uit een of ander aap geslag

Frans C ·

Nog die evolusieteorie beweer of Darwin het gesê dat mense van ape afstam nie. Omdat daar so’n sterk ooreenkoms is tussen ander primate en veral die Sjimpansee en die mens se DNS (tot 97 %) volgens sommige wetenskaplikes is daar ‘n teorie dat die mens en ander primate uit ‘n node ontstaan het waaruit een vertakking gelei het tot die ontstaan van oerape en oermense ,wat gelyktydig langs mekaar kon bestaan het.

Kaufman ·

Nee julle! Gaan maar net na n goeie hospitaal of nee, tel eenvoudig jou foon op, dan sal jy sien wat hierdie basiese wetenskap als moontlik maak. Julle moet ophou net in rugby belangstel, dit is waarom ons volk so agteruitgaan!

Johanna Botha ·

Dankie Kaufman. Jy is SO reg ! Eendimensioneel …shame

Herman Toerien ·

@Jan. The Fith element was ‘n fliek op opvoering uit die VSA. Aan die einde van hierdie artikel is ‘n skakel na die oorspronklike artikel in Space.
Ek kan nie onthou dat ‘n vyfde element (op die periodieke tabel is baie meer) in die omvattede bespreking hiervan op RSG se Sterre en Planete deur prof. Matie Hoffman ter sprake gekom het nie.

Theuns ·

Daar is so baie dinge wat ons nie weet van die heelal nie wat nog deur Wetenskaplikes/Wiskundiges ondek moet word! Dink maar aan die ruimte wat kan buig om afstande tussen hemeligame wat lig jare van mekaar af is korter temaak, Sogenaamde “Worm holes” wat nog ‘n kortpad kan wees. Maar ek het my eie ontdekking gemaak en dit is dat jy as mens moet doodgaan (Skeiding van ligaam en siel) om deur die kortpad, wat GOD in sy wysheid geskep het, integaan na of die Hemel of die Hel toe! Andersyds is die afstande te ver(Miljoene ligjare) en as jy teen die spoed van lig kon vlieg sou dit ook nie help nie. As jy teen die spoed van lig kon vlieg sou jy ‘n spoed bereik waar jy stil staan. Om die vraag natuurlik 100% te beantwoord moet jy besluit waar is Hemel en Hel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.