Water op Mars is van groot belang

Water op Mars (Foto: NASA)

Water op Mars (Foto: NASA)

Die bewyse van lopende water tydens die somermaande op Mars is van groot belang, omdat dit onder meer beteken dat vuurpylbrandstof vervaardig kan word, dat suurstof onttrek kan word, en dat drinkwater gesuiwer kan word.

John Grunsfeld, navorsingshoof van Nasa, het Maandag tydens Nasa se bekendstelling gesê daar is baie sterk bewyse dat daar steeds seisoenaal lopende water teen hange van canyons en kraters voorkom. Na raming kan die water wat oor die gebiede gevloei het, wat Nasa bestudeer het, saam 40 swembaddens van Olimpiese grootte vul.

Die water is egter waarskynlik sout. Die ondersoeke het aan die lig gebring dat aansienlike waterdraende soutneerslae vorm waar die water periodiek vloei.

In die gebiede wat deur Nasa ondersoek is, blyk dit dat die water baie na-aan die bopunte van die hange vorm, wat die moontlikheid feitlik uitskakel dat dit uit ondergrondse waterbronne syfer. Dit lyk eerder of die soute die vog soos ’n spons uit Mars se atmosfeer onttrek. Weens die onegalige dikte van die soutneerslae lyk dit egter of sommige dele herhaaldelik deur dieselfde bronne gevoed word. Weens Mars se dun atmosfeer sal water daar teen 10 grade celsius kook, maar gemeng met die soute eers teen 24 grade. Die betrokke soute verlaag ook die vriespunt tot met 50 grade.

Grunsfeld meen ook dit impliseer daar kan vandag nog lewe op Mars wees.

Lees meer: Christian Science Monitor en Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wicus ·

Dis ongelooflik interressant, ek dink ons gaan verstom wees met wat nog ontdek gaan word, wens ek kon op Mars gaan stap, die lewe is net te kort om al die nuwe dinge te beleef, miskien in ‘n volgende lewe :-)

Johan 2 ·

100% Wicus, ek voel net so. Hoop ek sien jou daar “eendag”….Ek sien uit daarna dat hul lewe ondek of ten minste oorblyfsels daarvan. Maar hul sal dit moet doen voor n mens daar voet neersit en moontlik alles kontamineer….daar wag nog interresante goed v ons op Mars!!

Jan Stapskoen ·

“Die soute verlaag seker die water se vriespunt tot 50 grade Celsius ” – moet dit nie eder -50 grade C wees nie?

Eduard ·

Ek dink die volgende 20 jaar gaan ons nog baie interesante bevindings sien kom ek hoop net ek leef nog so lank om alles te beleef, water op Mars dit ongelooflik

Gert ·

Die water, dooie bome, vierkantige steen blok, gesigsbeeld (waarvan daar n’identiese een is op aarde op die oseaan bodem – Google Earth) en piramides was al vir ons genoem by die sterre planitarium in my laerskool jare “1983” Ons skool planetaruim uitstappie. Nou hoekom alles stil maak en dit na soveel jare weer bekend maak. Daar is ook i lig wat kom en gaan op mars wat die huidige sateliet en verkennings voertuig dokumenteer op fotos. Daar mag dalk lewe onder die oppervlak van Mars wees omdat daar groot gate in Mars te sien is wat na ondergrondse tonnels lei. Gaan kyk na die U-Tube video “the 5 biggest mysteries of Mars.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.