Nuwe navorsing deur Nasa se Mars Reconnaissance Orbiter het aan die lig gebring dat waterys onder die oppervlak van die Rooi Planeet tot 90 meter dik is.
Die tuig het hom nou toegespits op verskeie areas waar eskarpe of hellings die vertikale kante van die yslaag blootgestel het.
So kon die instrumente van die sykant, of vertikaal, in die ys inkyk en vasstel dat dit verbasend skoon is. Horisontale studies bring net beperkte inligting aan die lig.
Benewens die beskikbaarheid van water vir toekomstige bemande sendings na Mars is waterys op plekke soos by die poolgebiede op aarde waardevolle bronne van inligting oor die geskiedenis van die aarde.
Dit werk byna soos ʼn boom se jaarringe en elke jaar is afsonderlik in die ys afgemerk en in bepaalde kenmerke vasgevang. Wetenskaplikes glo dieselfde tegniek kan gebruik word om meer omtrent Mars se geskiedenis te wete te kom.
Dankie Herman – geniet jou artikels altyd baie!
Dankie Herman. Dit was baie interessant.