Wenteltuig om maan stort neer

Ladee

Ladee

Van die Lunar Atmosphere and Dust Environment Explorer, kortweg bekend as LADEE, het waarskynlik net stof oorgebly nadat dit teen drie maal die snelheid van ‘n koeël op die agterkant van die maan neergestort het.

Die botsing was egter ‘n beplande een, nadat Ladee sy sending om die maan se byna nie-bestaande atmosfeer te meet, voltooi het en sy brandstof opgeraak het.

Ladee het in Maart reeds sy sending van 100 dae voltooi, en het daarna “oortyd” gewerk. Omdat die maan se swaartekrag baie onreëlmatig is, moet heelwat brandstof gebruik word om te voorkom dat laagvlieënde voorwerpe neerstort. Met Ladee se brandstof feitlik uitgeput, is sy trajek verlaag sodat dit vir oulaas opnames kon doen terwyl dit minder as 100 meter bo die maanoppervlak geskeer het.

Die presiese plek en tyd van die botsing word nog bepaal. Die aankondiging dat Ladee nie meer bestaan nie, is Vrydag gedoen.

Bronne: The Guardian, De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.