Ruimtefoto: Weerlig oor SA

Weerlig oor Suid-Afrika soos gesien uit die Internasionale Ruimtestasie Foto: Time Peake, Twitter

Weerlig oor Suid-Afrika soos gesien uit die Internasionale Ruimtestasie Foto: Time Peake, Twitter

Die Britse ruimtevaarder Tim Peake het hierdie merkwaardige foto van weerlig oor Suid-Afrika uit die internasionale ruimtestasie geneem.

Peake, wat ses maande lank op die ISS woon en werk, het die foto geneem terwyl die sluiterspoed op twee sekondes gestel was.

“Ek sien elke dag nuwe en wonderlike dinge!” het Peake bygevoeg toe hy die foto op Twitter gelaai het.

Hy en Tim Kopra onderneem vandag ʼn ruimtewandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SNEL ·

HOE GROOT IS ONS GOD om alles so pragtig te kon gemaak het. Wonderlik van Tim Peake om die foto met ons te deel en dat ons dit ook kan geniet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.