Nasa se planne om mense na Mars te neem, ontwikkel mooi, en deel van die ontwikkeling is dat mense ’n jaar lank in ’n wentelbaan om die Maan gaan verkeer.
Die doel is om te bepaal hoe goed ’n bemanning die lang reis na Mars in ’n soortgelyke module kan hanteer.
So ʼn Marssending word vir ná 2030 beplan.
Die versending van mense na ’n wentelbaan om sowel die Maan as na Mars behels verskeie onbemande stappe om toerusting en voorraad te lewer.
Die fasiliteit wat om die Maan geskep word, sal as ’n afsendingstasie vir reise na Mars kan dien.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Hierdie artikel is nie heeltemal korrek nie. Hier word geen melding van Elon Musk en SpaceX gemaak nie, wat die mees belangrikste rol speel, asook nie van Hyperloop nie !
Net die man op die maan sal weet hoe die “Hyperloop” by die planne inskakel,
het groot afwagting vir die antwood.