Seun se plan om foon te herlaai wen groot prys

Lebohang Ngake. Foto; Eskom Ekspo

Lebohang Ngake, ʼn gr. 10-leerling aan die Setjhaba-Se-Maketse Gekombineerde Skool in Botshabelo buite Bloemfontein in die Vrystaat, se slim plan om sy foon te herlaai het hom ʼn groot prys in die sak besorg.

Lebohang het met dié idee vorendag gekom tydens sy daaglikse taxiritte van die skool af huis toe en sy selfoon se battery wat nie die mas opkom nie.

“Die wind wat deur die taxi se venster gewaai het, het my aan ʼn manier om energie van wind op te wek laat dink.” Lebohang het besluit om werk daarvan te maak en het begin om gemors op die vullishoop langs die plakkershut waarin hy woon bymekaar te maak.

Lebohang het ʼn prototipe ontwikkel wat aan die venster van ʼn bewegende voertuig vasgesteek word.

Eskom Ekspo

“Wanneer die windpartikels met die turbine bots skep dit kinetiese energie wat na elektriese energie omgeskakel word deur ʼn kragopwekker. Daar is ook ʼn reguleerder wat die krag wat opgewek word reguleer om die selfoon te herlaai.

Lebohang se prototipe het aan hom ʼn goue medalje besorg by Eskom se jaarlikse Internasionale Wetenskapskou (ISF) vir jong wetenskaplikes wat van 2 tot 5 Oktober in Johannesburg plaasgevind het. Vyfhonderd en twaalf finaliste van Suid-Afrika en ander lande soos Mexiko, Ghana, Namibië, Kenia, Nigerië Zimbabwe, Mosambiek en Tanzanië het deelgeneem.

Lebohang se prototipe het ook vir die prys vir die beste ontwikkelingsprojek gesorg. Eskom borg elke jaar beurse, kontantpryse en vier spesiale toekennings, waaronder beste ontwikkelingsprojek.

Die ander drie spesiale toekennings is gewen deur Ramokoni Tumelo, ʼn gr. 7-leerling aan die Mapudithomo Primêre Skool, vir haar sonkragkoelhouer wat kos, drank en medisyne koel hou deur sonkrag te gebruik in plaas van ys of elektrisiteit.

Damian van der Merwe. Foto: Eskom Ekspo

Damian van der Merwe, ʼn gr. 7-leerling aan Crawford Lonehill‑voorbereidingskool, het ʼn spesiale toekenning verwerf vir sy projek wat die moontlikheid getoets het om studente te help om ‘n nuwe metode van leer te gebruik, naamlik opvoedkundige spelifikasie (educational gamification)”. Damian het SchoolioTM geskep om studente toe te laat om te leer deur middel van spesifieke speletjies en tegnologie. Sy projek het ook aan hom die prys vir beste junior leerling besorg.

Sachin Mohan, ʼn gr. 8-leerling aan die Horizon Internasionale Hoërskool, het ook ʼn spesiale toekenning ontvang vir sy projek waar hy ʼn hernubare bron van energie geskep het wat 24 uur ʼn dag aaneenlopend krag aan verkeersligte kan verskaf.

Aqil Variava. Foto: Eskom Ekspo

Die prys vir beste senior leerling is aan Aqil Variava, ʼn gr. 12-leerder aan Curro Klerksdorp, toegeken vir sy Besoedelingsindeks-projek wat waterkwaliteit ondersoek. Hy het R75 000 kontant gewen. Aqil was ook die wenner van die Derek Grey-toekenning.

Juan Smith van die Hoërskool Hartbeespoort het die Meiring Naudé-toekenning gewen nadat hy ʼn algoritme ontwerp het wat akkuraat data van ‘n virtuele beeld op ‘n rekenaar in instruksies kan omskep wat ‘n selfdoen-drukker sal verstaan en dan die instruksies na die selfdoen-drukker stuur.

Brad Ettiene Spies. Foto: Eskom Ekspo

Die Siemens in Africa-prys is aan Brad Ettiene Spies, ʼn gr. 12-leerling aan die Hoërskool D.F. Malherbe, toegeken. Brad het ʼn bekostigbare windturbine ontwikkel wat die wind manipuleer om elektriese energie op te wek. Brad het in sy navorsing tot die gevolgtrekking gekom dat 32 grade die beste hoek is vir die doeltreffendste manipulasie van wind.

ʼn Totaal van 76 jong wetenskaplikes het goue medaljes vir hul projekte ontvang en is met R500 elk beloon. Een honderd ses en vyftig jong wetenskaplikes het silwer medaljes en 212 brons medaljes ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Piet ·

Waarom sal jy ń miniatuur windturbine gebruik as jy net die oortollige elektrisiteit wat reeds deur jou motor se alternator opgewek word, en, wat reeds beskikbaar is kan gebruik?

Anoniem ·

Ek skop enigeen wat sommer gadgets in my kar se alternator indruk, op sy zip! Jaloesie is ‘n groen monster.

Piet ·

PietM, niemand het nodig om enige iets by jou alternator in te druk nie, jy het al reeds jou sigaretaansteker prop in jou voertuig, jy weet? Daai gaaitjie waar almal op Aarde hulle selfone laai, en deesdae is motors toegerus met USB herlaai punte, jou motor wek reeds oortollige elektrisiteit, dis nie nodig om miniatuur turbines to gebruik nie.

Ag piet ·

Jy sal n miniatuur windturbine gebruik as jy in n taxi is Wat 1) die sigaretaansteker nie meer werk nie, 2) daar 10 ander mense is Wat wil hulle foon laai by die sigaretaansteler of 3) as jy heelagter sit em nie dit kan bykom nie maar by n venster is. Ek dink dis briljant

Ag ag Piet ·

Die maklikste oplossing is om USB punte reg deur die minibus te versprei, hoe gaan jy fone laai van mense wat in die middel sit, gaan daar drade oor insittendes se skote lê? en gaan iemand die windturbine vashou met sy arm wat by die venster uitsteek?

Marius ·

Jy is reg Piet hoe gaan dit lyk as daar 30 wind turbines op ‘n taxi is makliker om vir die agente om USB punte in taxis te bou en busse.Ha Ha

Ek dink ·

Sjoe, dis bietjie gemeen! Die kind het ‘n briljante plan bedink vir sy omstandighede.

Haan ·

Oulike idee, ja. Lewensvatbaar? Nee
Die oortollige energie wat deur die alternator opgewek word het n baie hoër rendement, is reeds in elke voertuig, werk steeds al staan die voertuig stil, en kan maklik 30 Ampère verskaf. Genoeg om 30 slimfone te laai. Moenie Piet se logika met jalosie verwar nie

Piet ·

Wanneer ek met ń oorspronklike idee voorendag kom sal ek so maak, sommige idee’s is maar net eenvoudig nie ń prys werd nie.

Bossie ·

Piet, indien jy ‘n voertuig besit het jy ‘n uitstekende plan maar Lebohang, en duisende ander mense wat taxis gebruik, besit nie voertuie nie. Hul kan nie almal van die sigaretaansteker gebruik maak nie en in hul geval is dit ‘n puik plan en van groot hulp. Uitstekend! Wel gedaan Lebohang.

Piet ·

Nee Bossie, dis nie my plan nie, baie motors het alreeds USB poorte al oor die voertuig op startegiese punte sodat insittendes hulle apparate kan laai, en lebohang se idee baie lomp, ingewikkeld en ondoeltreffend, sodra die motrvoertuig staan of stadig beweeg, soos die geval in stadsverkeer is, werk sy toestel nie meer nie.

Piet ·

charlene, ek bly defnitief nie saam jou in la la land nie…

Pieter ·

As ek mag vra hoeveel spasie vat Lebohang se invention, aan gesien daar so baie spasie is in taxi`s?

Piet ·

Ja, en wie het nou spasie in hulle daaglikse bagasie om die gedoente saam hulle te dra?

Mak Muil ·

Lebohang is lyk my so bietjie slimmer as ou Piet. – Daar bestaan nie iets soos oortollige energie nie – dit kom van jou brandstof af – hoe gering ook al.

Mooi so Lebohang – klink ten minste vir my soos ‘n oorspronklike idee en nie Mammie of Pappie se taak nie!

Piet ·

Nee ou Muil, daar IS iets soos oortollige energie, jou alternator draai konstant of die reguleerder aan of af geskakel is(dit beskerm jou battery teen oorlaai), dit beteken die energie wat die alternator van jou motor neem om te kan werk is konstant, of hy nou jou battery laai of nie.

Anoniem ·

Mak Muil, hoe beinvloed die “kragopwekker” wat by die venster uit hang, asook die ekstra windweerstand agv die oop venster, die brandstofverbruik van die voertuig? Petrol en diesel is al lankal nie meer goedkoop nie.

Wonder ook of almal in die taxi daarmee gediend sal wees om in die winter met oop vensters te ry.

Judge Dredd ·

En as jy nie in ‘n taxi is, dan moet jy maar probeer so vinnig hardloop as Usain Bolt met jou wind-turbine.

Jan piere wiet ·

Piet sit eder voor sy rekenaar en kritiseer as wat hy iets goed kan se oor n kind wat uit swaar omstandighede homself kon help om n plan te maak.

Annerie ·

Piet. Jy was duidelik nog nooit in ‘n taxi nie. Party het nie eers stuurwiele nie nou verwag jy hulle moet USB ports kry. Rêrig! !

Piet ·

Annerie, nou vertel my, wie gaan die windturbine in sy bagasie van dag tot dag saam hom dra, en hoe gaan dit werk, daar moet dan ń laaikoord van die turbine tot by die foon strek, bygevoeg werk die stelsel net as die voertuig beweeg, nee daar is ń baie eenvoudiger en elegante oplossing.

Anoniem ·

Baie geluk aan almal van julle. Julle is voorwaar ‘n klomp slimkoppe! Hou so aan.

M ·

Dit is ‘n uitstekende skooltaak vir ‘n graad 10 leerder. Of dit nou prakties is al dan nie, die kind verdien sy prys.

Blaarman ·

Goeie idee

Vir mense wat afhanklik is van taxi en busvervoer vir hulledaaglikse heen-en-weer sal dit baie handig wees, veral aangesien ‘n selfoonbattery deesdae nie eers meer (of nogsteeds nie) ‘n volle dag hou nie.

Dit sal slim wees indien dit met ‘n sterk magneet of “clip” buite die venster of aan die venster gekoppel kan word.

Die groot vraag is of dit winsgewend teen die regte prys vervaardig en verkoop sal kan word – maar die mark sal daar wees.

Blaarman ·

@Piet

Dit is ‘n prototipe – ek is seker die seun sal nog skaaf aan die idee.

Sê my net: wat het jy al ooit in jou lewe uitgerig dat jy so smalend ‘n skoolkind se uitvindsel kan kritiseer?

Dis soos die gesegde sê: “Those who can, do. Those who can’t, criticize.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.