ʼn Bisarre foto van ʼn skare wat lyk of hulle hul rug keer op Hillary Clinton, presidentskandidaat in Amerika, word wyd op sosiale media versprei.
Dit lyk aanvanklik of die skare meer geïnteresseerd is in iemand wat aan die oorkant van die vertrek staan, en dit blyk of Clinton self ook vir dié vreemdeling waai, tot jy besef dis eintlik ʼn teken van die selfie-kultuur.
Die foto is op 21 September tydens ʼn verkiesingsveldtog in Orlando geneem. Clinton het ingestap en die groep van 500 mense in die vertrek gegroet en daarna ʼn groepselfie voorgestel.
Barbara Kinney, Clinton se amptelike veldtogfotograaf, het die foto geneem en Victor Ng het dit op Twitter gedeel.
Outeur Steve Silberman het in reaksie op Ng se plasing reageer en verwys na dié foto wat in Junie 1966 deur James P Blair vir National Geographic in Londen geneem is. Vroue het hul handspieëltjies gebruik om die koningin te kon sien:
2016, ya’ll. pic.twitter.com/M0AZceVagQ
— Victor Ng (@victomato) September 25, 2016