Só stoor Afrikalande water met Abeco-tenks

(Foto verskaf deur Abeco)

Water is die belangrikste kommoditeit in Afrika. Dit is noodsaaklik vir sukses in ondernemings, landbou, mynbou en bedrywe – die pilare van die kontinent se ontwikkelende ekonomieë. Omdat Afrika gereeld geraak word deur onderbrekings in watertoevoer, is dit belangrik om jouself teen enige ontwrigting te beskerm.

Net soos wat enigiemand geld in die bank spaar, is dit ook nodig om water in ʼn “bank” (watertenk) te stoor.

Watertenks het ʼn integrale deel van watertoevoer geword – om skoon water aan openbare en privaat entiteite in tye van nood te verskaf en seker te maak dat hulle steeds doeltreffend kan werk, selfs te midde van ʼn onderbreking in watertoevoer.

Abeco beskou homself as die wêreld se eerste waterbank en stel maatskappye en gemeenskappe in staat om ʼn gebeurlikheidsplan in plek te stel om steeds operasioneel te bly wanneer die krane opdroog.

Abeco se fokus is om die uitdagings te takel wat deur watertekorte veroorsaak word en is al sedert die 1980’s instrumenteel om hoëgehalte waterstooroplossings regdeur Afrika te bou. Dié waterstooroplossings is watertenks van hoë gehalte staal wat verhoed dat UV-strale die water bereik. Die water word dus higiënies gestoor vir toekomstige verbruik.

Die maatskappy se watertenks word in Afrika en die Midde-Ooste geïnstalleer vir ʼn verskeidenheid van gebruike. Dit kan verskillende tipes inhoud stoor, soos brandwater en drinkbare water vir gebruik in hospitale, vervaardigingsaanlegte, skole, maatskappye, gemeenskappe en meer.

Die Covid-19-pandemie het daartoe gelei dat talle maatskappye wêreldwyd ineengestort het, maar Abeco het die toets van tyd deurstaan en op koers gebly danksy sy vooruitstrewende leierskap, sakemodel en finansiële stabiliteit.

Wanneer jy ʼn maatskappy kies om ʼn watertenk te bou

(Foto verskaf deur Abeco)

Die bou van ʼn watertenk is ʼn langtermynbelegging en gevolglik moet die maatskappy, waarvan jy gebruik wil maak, noukeurig ondersoek en oorweeg word. Hier is die belangrikste punte wat jy in gedagte moet hou:

  1. Om water te stoor is ʼn langtermyn belegging, net soos om geld te spaar

ʼn Watertenk moet jare lank hou. Dis van die begin af belangrik om te weet dat dit ʼn langtermynbelegging moet wees en die maatskappy kan nie enige kortpaaie vat om die tenk te bou nie en die maatskappy self moet goeie vooruitsigte hê.

Die materiaal waarvan die tenk vervaardig word, is dus uiters belangrik. Dit moet van hoëgehalte materiaal wees met ʼn buitenste oppervlak wat glad en sterk is sodat geen bakterie of alge aan die binnekant kan groei nie en dat geen roes of krake kan vorm nie.

Abeco bou al 30 jaar lank watertenks regdeur Afrika. Die maatskappy staan bekend daarvoor dat hy betroubaar is, dat hy duursame watertenks van goeie gehalte bou wat tot 50 miljoen liter water kan hou, en boonop uitstekende kliëntediens bied.

Die watertenks is beskikbaar in ʼn verskeidenheid van vorms en groottes en is ideaal om skoon water te stoor vir drinkwater, landbou en bedrywighede.

  1. Kliëntediens, konsultasie en advies

Daar is talle redes waarom jy ʼn watertenk moet installeer. Die watertenk moet korrek en professioneel geïnstalleer word sodat dit die water op só manier sal stoor wat seker maak dit is altyd veilig om te drink.

Dit is uiters noodsaaklik om ʼn maatskappy te konsulteer wat die koper help om die regte oplossing te kies vir hul behoeftes. Dit is ook belangrik om nie ʼn maatskappy slegs volgens die prys te kies nie, maar eerder gebaseer op sy reputasie, advies en kliëntediens.

  1. Kies die regte watertenk

Dit is belangrik om die korrekte watertenk te kies vir jou behoeftes. Die beskikbare ruimte en die vereiste grootte sal die vorm van die tenk bepaal. Die vervaardiger en tenkverskaffer moet jou unieke vereistes en waterverbruik assesseer en dan buigsaam genoeg wees om ʼn tenk te bou wat in die ruimte pas wat jy beskikbaar het.

Abeco kan enige tenk, in ʼn verskeidenheid van vorms, vervaardig en installeer. Die tenk kan rond, reghoekig, L-vormig, U-vormig en enige ander vreemde vorm wees om by die ruimtebeperking en enige ander hindernisse aan te pas. Tenks kan ook op die grond of verhewe wees.

Abeco se reputasie het die toets van tyd deurstaan en dit maak van hulle die ideale vennoot vir waterstooroplossings in Afrika. Die maatskappy is bedrywig in meer as 35 lande in die wêreld, insluitend Afrika, Sentraal-Amerika en die Midde-Ooste. Abeco is ʼn privaat, familiebesigheid met aandeelhouers en finansieringsvennote, Investec Private Capital en Global Capital Empowerment Fund.

Besoek die volgende webwerwe vir meer inligting:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.