Só glo wetenskaplikes terwyl die ruimtetuig, Dawn, al nader aan Ceres begin beweeg en foto’s na die aarde begin stuur. Ceres is ongeveer so groot soos die deelstaat Texas, en het ’n deursnee van ongeveer ’n duisend kilometer.
Dawn sal eers op 6 Maart by Ceres aankom en om die dwergplaneet wentel terwyl uitgebreide ondersoeke gedoen sal word.
Wetenskaplikes van die Europese Ruimteagentskap het verlede jaar in Januarie aangekondig het dat hulle via die Herchelle-ruimteteleskoop gesien het hoe Ceres op twee plekke waterpluime die ruimte inskiet. Die wetenskaplikes meen Ceres het ’n rotsagtige kern, omring deur ’n dik laag waterys, met ’n dun stoflagie bo-oor.
Die volledige artikel in die Christian Science Monitor kan hier gelees word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Weereens Herman: dankie! Ek en my man geniet al die tipe artikels vreeslik!