Swart gat spoeg ook uit

Sterrestelsel 5195 Foto: NASA/CXC/Univ of Texas/E.Schlegel et al; Optical: NASA/STScI

Sterrestelsel 5195 Foto: NASA/CXC/Univ of Texas/E.Schlegel et al; Optical: NASA/STScI

Wetenskaplikes verbonde aan Nasa se Chandra X-straalteleskoop het waargeneem hoe die gravitasiekolk in ’n klein sterrestelsel betreklik na-aan die Melkweg weer materiaal uitgespoeg het, byna soos iemand wat na ’n stewige maaltyd winde opbring.

Die sterrestelsel NGC 5195 wat sowat 36 miljoen ligjare van die aarde af is, is besig om met ’n ander sterrestelsel saam te smelt. Dit blyk dat die kragtige uitbarstings genoeg materiaal oplewer vir nuwe sterre om te vorm.

Foto: ’n Beeld van Galaksie 5195, foto: Nasa

Bron: NASA

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Blikslim

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Alki

Hoe groot en ongelooflik is God se heelal, ons mensebreine sal dit nooit alles kan bereken nie

Bushy Van Eck

Vir wat dit mag werd wees in n neutedop. N swart Gat besit geen gravitasie krag nie. N swart gat is niks meer as n vakuum in die ruimte wat geen energie meer besit nie. N groot son is soos n groot kompressor wat deur die kern reaksie van sy atome energie uirstoot in alle rigtings deur hoe densiteite van energie op te bou wat geleidelik afneem in n uitwaartse rigting. Dit is dan ook die energie druk vlakke wat dan verantwoordelik is vir die planete se wentelbane in direk verhouding met die potensiele energie wat n planeet mag besit… Lees meer »

Adriaan

‘n Swartgat is die produk van ‘n supernova. ‘n Supernova is basies ‘n ster wat ontplof het. Wat gebeur is dat ‘n ster op ‘n stadium ‘n rooireus word. Vir ‘n ruk word hy kleiner en blaas sy outer shell uit in die buitenste ruimte. Die ster het nog sy oorspronlikke massa maar nie die volume nie. Hy het ‘n kleiner volume. So hy is baie digter. ‘n Neutronster is die digste ster van alle sterre ( Neutronster is die produk van ‘n super nova). En ook die laaste fase voor ‘n swartgat. ‘n Swartgat is dan die ultimate fase… Lees meer »

Jubba

Swart gat of nie, mens begin nie n sin met n hoofletter N nie. Fokus!