Danksy ʼn skrander tiener se oplettendheid kon die Wetenskap-museum in Boston, Amerika, ʼn fout regstel in ʼn wiskunde-uitstalling wat al ʼn paar dekades oud is.
Joseph Rosenfield (15) het ʼn fout in die formule vir die Goue Verhouding wat uitgebeeld word as deel van die museum se Wiskunde-uitstalling.
ʼn Minus-teken is op drie plekke aangedui in die formule waar dit eintlik plus-tekens moes wees.
Rosenfield se tannie het agterna die museum gekontak en personeellede het bevestig die tiener was heeltemal reg.
Beamptes van die museum kon die fout regstel sonder om die res van die uitstalling te beïnvloed. Die uitstalling is in die 1960’s deur Charles en Ray Eames ontwikkel.
Alana Parkes, inhoudontwikkelaar van uitstallings in die museum, het Rosenfield genooi om gerus die ander uitstallings ook te ondersoek. “Laat weet my as jy op ʼn fout afkom!” het sy geskryf.
Bron: CBS Local