Verband tussen reën en maan gevind

Argieffoto (Foto: jrperes, Pixabay)

Argieffoto (Foto: jrperes, Pixabay)

Wetenskaplikes van die Universiteit van Washington wat 15 jaar se satellietdata bestudeer het, meen hulle het ’n verband tussen die stand van die maan en reënval vasgestel.

Dis egter nie duidelik of prof. John Wallace en sy doktorale student, Tsubasa Kohyama, bewyse gevind het vir die “ou mense” se geloof dat die maan soms “skep” en ander kere weer “gooi” afhangende van hoe die sekelmaan lê nie.

Hul navorsing het getoon dat daar minder reën reg onder die maan val, ook al is die maan aan die ander kant van die aarde. Dit het reeds uit vroeëre navorsing geblyk dat die lugdruk onder die invloed van die maan se swaartekrag styg. Die lug word dan ook warmer en kan meer vog hou sonder dat dit begin reën.

Die navorsingsverslag is pas in die Geophysical Research Letters gepubliseer.

Wallace wil die data verder bestudeer om vas te stel of daar ’n verband is tussen die maan en soorte neerslag.

Lees meer: Washington.edu

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

KLEIN ·

Die afstand van die maan vanaf die aarde wissel ook gereeld . Dus dit het ook `n uitwerking op ons reen. so beweeg die maan ook na noord en dan weer na suid, dit het alles `n uitwerking op ons reen , dan het die stand van die maan soos wanneer dit van donkermaan na volmaan en dan weer van volmaan na donkermaan weer met ons plantegroei te doen.

Shannon ·

My navorsing toon ook aan dat honde meer blaf tydens vol maan, dan weer minder tydens half maan en dat baie hard en aanhoudend wanneer die die maan rooi is.

Eliza-beth ·

Shannon,haha ek het my nou histeries gelag vir jou kommentaar. Ons bure se honde blaf sommer vir niks en alles of die son skyn, die maan vol is, half is glad nie skyn of wat ookal. alte naar, g’n men skan dit hou want hulle bly nie eers in hul eie erf nie! En kla jy raak die vrou so hiper sy sê jou sleg, verbied haar werkers om by ons s’n te mag kuier (ek belowe jou ek gee al die werkers hier om ons ‘n kersparty elke einde van die jaar omdat hul ver van familie is en hare mag nou nie nie meer kom nie, hoe dit MY nou “spite” weet ek nie)en doen sommer allerhande ander nare goeters…sug… Dis moeilik. Al bly ons buite die stad met meer spasie om ons kom mens steeds nie weg van bure nie. Dalk met die maan gepla…

Dee ·

Die wetenskaplikes stel niks vas en vind niks uit met betrekking tot die verhouding tussen maanstand en reënval, nie. Al wat hulle doen is om te bevestig wat die boermense van die jare toet gesê het.

Karin ·

Dee, ek stem met jou saam. My Oupa het ons van kleintyd so geleer oor die maan se stand en die reenval en dis meeste kere die geval: Die maan ‘gooi uit’ of ‘hou terug’. Reenval het ook te make met die verskil tussen nag- en dagtemperature. Is dit minder as 10 grade verskil, is die kans op reen goed. Een of ander geleerde professor kan gerus daaroor ook navorsing doen, of dalk het hulle al. Alles is wetenskaplik te verklaar, maar ons oupa’s en ouma’s het ook baie fyner opgelet as ons en nader aan die natuur geleef.

Kosie ·

My verdere navorsing dui n direkte korrelasie tyssen honde se geblaf en reenval.

EMK ·

Ag Erns, moenie so ernstig wees nie! Ons lees heeltyd van “doom” en “gloom” gun ons ons grappies ook man, ai!

D ·

Die oumense het altyd gesê hy is met di maan gepla. Dit lyk my di professor is ook met di maan gepla.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.