Vergeet van Mars – begin nader tuis

Foto: Nasa

Te midde van groot planne om mense op Mars te vestig, met die Suid-Afrikaans gebore miljardêr Elon Musk wat selfs van ’n miljoen koloniste praat, meen ander dit sal meer sin maak om mense in reuse-sfere in wentelbane naby die aarde te laat woon.

Dié sfere, bekend as die O’Neill-silinder, sal só na aan die aarde wentel dat hy, soos die internasionale ruimtestasie, grootliks binne die beskermende band van die aarde se magneetveld sal wees. Hiermee sal een van die groot probleme van bestraling wat reisigers na Mars sal beleef, uitgeskakel word.

Voorts word die voorgestelde bewoners op Mars aan slegs ’n derde van die swaartekrag op aarde blootgestel, en Nasa meen daar bestaan geen inligting oor hoe dit die mens op die lang duur gaan affekteer nie.

Die kolonies op Mars asook dié wat om die aarde wentel sal vir dekades, indien nie eeue nie, van die aarde afhanklik wees. In hul poging om onafhanklik van die aarde te wees sal grondstowwe vir die wentelende sfere op die maan en asteroïede gemyn word.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willem ·

Herman, dankie vir jou baie interessante artikels oor die wetenskap. Wat ‘n welkome verandering van moord, doodslag en politiek

Paul ·

Interessante artikel.

Net ‘n klein punt oor geometrie. ‘n Sfeer is nie ‘n silinder nie. ‘n Sfeer is ‘n voorwerp waarvan alle punte op die oppervlak daarvan ewe ver is vanaf die enkele middelpunt daarvan. Dis ‘n ronde bal, met ander woorde. (Tegnies is ‘n sfeer en ‘n bal twee verskillende dinge in geometrie, maar nie belangrik vir hier nie.)

‘n Silinder is ‘n voorwerp waar alle punte op die oppervlak daarvan ewe ver vanaf ‘n sentrale reguit lyn is. Met ander woorde, ‘n ronde pyp met plat punte.

Die O’Neill-silinders se ontwerp in in der waarheid silinders wat aan elke kant met ‘n halwe sfeer afgesluit word. ‘n Pyp met ronde punte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.