Die tuig, Beagle 2, het in Maart 2003 van die wentelende Mars Express vertrek om op die planeet te land, maar geen taal of tyding is daarvan ontvang nie.
Beagle 2 is egter nou op Mars ontdek nadat hoë-resolusie foto’s van Nasa se Mars Reconnaissance Orbiter bestudeer is. Beagle 2 is 2m in deursnee, net mooi binne die resolusievermoë van die Nasa-tuig se kamera.
Die foto’s toon dat Beagle 2 nie net geland het nie, maar ook gedeeltelik ontplooi is. Selfs die valskerm waarmee dit geland het is sigbaar. Dit is egter duidelik dat nie al die sonkragpanele oopgemaak het nie, wat verklaar waarom niks van die tuig verneem is nie. Al die sonkragpanele moet werk om genoeg krag vir kommunikasie te voorsien.
Daar bestaan dus ook geen moontlikheid om instruksies na die Beagle 2 te stuur om hom weer vlot te kry nie. Die tuig het boonop binne die beoogde landingsarea geland, net vyf kilometer van die middel daarvan.
ESA is verheug dat die tuig byna volkome ontplooi het. ESA beplan om in 2016 die Entry, Descent and Landing Demonstrator op die rooi planeet te laat land, en twee jaar later die Mars Exo-rover.
ESA se volledige berig kan hier gelees word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Ironies dat die mense bly is dat dit amper gewerk het. Ek hoop net die spul is weer so vrolik as Engeland amper die jaar se wêreldbeker toernooi wen.