[Video] Dié instrument speel nie tweede viool nie

Foto: Skermskoot van die video

Foto: Skermskoot van die video

Vandag se tegnologie maak soveel dinge moontlik dat selfs die onmoontlike ook nou doenbaar is.

ʼn Elektriese viool genaamd 3Dvarius is onlangs met behulp van 3D-drukkertegnologie gedruk. Dié tipe tegnologie is niks nuuts nie, maar die feit dat die viool kan speel, is eintlik ongelooflik. Die 3Dvarius wat deur Laurent Bernadac ontwerp is, is gegrond op dieselfde ontwerp as die Stradivarius-viool.

Die 3Dvarius lyk nie net uniek met sy deurskynende voorkoms nie, maar dié instrument is ook baie ligter as die tradisionele viool.

Besoek gerus 3Dvarius vir meer besonderhede oor die ontwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petro Bezuidenhout. ·

Dis baie kreatief om so innoverend musiek te maak wat goed op die oor val.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.