[Video] In die middel van Grand Central – sonder om jou stoel te verlaat

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook, het Dinsdag ʼn video op Facebook gelaai om die toekoms van virtuele realiteit te wys.

Zuckerberg verduidelik dié 360°-video van Grand Central-stasie in New York is die eerste 360°-video wat hulle self vervaardig en verfilm het met ʼn nuwe “Surround 360”-kamera. “Beweeg jou selfoon rond om die verskillende oomblikke te geniet,” verduidelik hy. “Draai die volumeknoppie bietjie hoër om te weet waar jy moet kyk.”

Beleef die oomblik wat ouers ʼn kind groet, ʼn vrou wat tuiskom, ʼn egpaar se argument en selfs ʼn gedeelte van ʼn toergids se begeleiding.

“In plaas daarvan dat jy net na die aksie kyk, is jy nou reg in die middel daarvan,” het Zuckerberg gesê.

Daar is ook reeds verskeie 360°-video’s op YouTube beskikbaar. Lees meer.

Klik hier indien jy nie die video hier op Maroela kan kyk nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kiepie ·

Ongelooflike tegnologie!! Jy kan tot op kyk na die dak van die gebou. Dink net aan die moontlikhede hiervan vir bemarking van jou land/omgewing/besigheid. Eersdaags kan ons enige plek in die wêreld besoek sonder om die huis te verlaat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.