[Video] Kyk ma, geen hande

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Apple het reeds met sy vorige sagteware-weergawe ʼn handvrye Siri-weergawe bekend gestel, maar min gebruikers was daarvan bewus.

Siri, Apple-gebruikers se persoonlike selfoonassistent, is nou selfs meer toeganklik. Indien jou selfoon ingeprop is, of indien die Siri-app oop is en jou selfoon se skerm nog nie afgeskakel het nie, kan jy bloot met die woorde “Hey Siri” enige versoeke rig.

Die handvrye weergawe van Siri werk veral goed wanneer jy reeds in die bed lê of iewers heen bestuur, of selfs op jou iPad wanneer jy in die kombuis doenig is met kosvoorbereiding. (Jou toestel moet natuurlik binne hoorafstand wees.)

Al wat jy moet doen om Siri se handvrye weergawe aan te skakel, is om jou Apple-toestel se “Settings” oop te maak. Klik op “General”, dan “Siri” en dan “Allow ‘Hey Siri’”.

Gebruikers kan dus met Siri praat sonder om die tuisknoppie te druk. “Hey Siri” werk enige tyd indien die selfoon aan die kragkabel gekoppel is – selfs al is jy besig met ʼn ander app.

Siri kan musiek op jou selfoon speel, die naaste restaurant soek, aanwysings daarheen vir jou gee en jy kan selfs vinnige Google-soektogte doen, uitvind hoe laat is dit iewers in die wêreld of selfs vra wat is die bestaande wisselkoerse.

Apple maak van die Cookie Monster gebruik om die handvrye moontlikhede van Siri se stophorlosie te verduidelik:
https://youtu.be/CCbWyYr82BM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.