Die Noordwes-Universiteit se sonkragaangedrewe motor het Sondag sy eerste dag aan die Bridgestone wêreldsolar-uitdaging in Australië afgehandel en vaar sover uitstekend.
Spanne wat aan hierdie wedren deelneem, moet meer as 3 000 km aflê. Die wedren handel oor spoed en afstand – die span wat die langste afstand in die vinnigste tyd kan aflê, wen.
Spanne moet daagliks voor 17:00 so ver as wat hul kan reis. Ná elke dag se uitmergelende gesukkel in die son moet hulle kamp opslaan. Die spanne moet dus heeltemal selfversorgend wees.
Daar is sewe verpligte stilhoupunte deur die wedren waar die spanne toegelaat word om basiese instandhouding te doen.
Die Noordwes-Universiteit se Sirius X25 het vier wiele en sitplek vir een bestuurder.
Volg die wedren op sosiale media.
Hier volg ʼn video oor dag een:
GO PUKKE!!!!!!!!!! WYS HULLE WIE iS BAAS ….!!!!!!!!!!
Julle maak ons trots!! So lekker om julle te kan dophou