
Skermskoot uit die video
Nasa het sy eerste paar ultrahoëdefinisie-video’s vrygestel en die resultate is werklik besonders.
Een van die video’s is ʼn asemrowende 30 minuut lange video van die son, wat saamgestel is uit data wat deur die sonkragdinamika-sterrewag (SDO) opgeneem is.
Die SDO is vroeg in 2010 gelanseer en neem in 10 verskillende golflengtes deurgaans foto’s van die son. Elke golflengte plaas die fokus op ʼn ander temperatuur van sonkragmateriaal. Nasa kan gevolglik rekord hou van sonaktiwiteit soos, onder andere, sonvlamme.
Nasa het al hierdie beelde saamgestel om ʼn beeld van die son te skep soos wat jy dit nog nooit vantevore gesien het nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
BESLIS ongelooflik!
Dit is absoluut fantasties!!! Ongelooflik!!
Net jammer van die musiek, wat ek baie steurend vind.
Gaan ons nie blind word as ons solank vir die son kyk nie?
Hoe Groot is ons God, en ons… n spikkel in dit alles ontverm Hy hom oor.