
Die Pebblebee Finder (Foto: Kickstarter)
Die hardeware-vervaardiger, Pebblebee, het pas met ʼn flink idee vorendag gekom om ʼn toestel te ontwikkel wat jou sal help om jou sleutels, selfoon of enige ander item op te spoor wanneer jy dit verlê het.
Die sogenaamde Pebblebee Finder word gemaak van chirurgiese vlekvrye staal en help jou om verlore items op te spoor deur ʼn harde biep-geluid te maak en ʼn flitsende rooi LED-lig te skyn terwyl jy daarna soek.
Gebruikers van die toestel kan ʼn app aflaai om die toestel te beheer. Wanneer jy iets soek, klik jy net op ‘soek’ op die app voordat die alarm van die toestel afgaan om jou na jou verlore item te lei.
Dit werk ook andersom. Wanneer jou selfoon verlore is, kan jy die knoppie op die Pebblebee Finder druk om jou selfoon met dieselfde biep-geluid op te spoor.
Die ontwerp van die toestel herinner aan elektroniese motorsleutels.
Die geluid van die Pebblebee Finder kan tot en met ongeveer 60 meter ver gehoor word en volgens die vervaardigers hou die battery ongeveer een jaar lank.
Die idee, wat oorspronklik op die Kickstarter-skarefinansieringswebwerf geplaas is, het al meer as $169 000 (ongeveer R2,4 miljoen) ingesamel om die produk te ontwikkel. Belangstellendes het nog slegs tyd tot 28 Julie om dié projek te ondersteun.
Die Pebblebee Finder sal jou ongeveer $29 (bykans R400) uit die sak jaag en dit word na enige plek in die wêreld verskeep.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Oulik…pas dit op my bril :).
So by my kool! As ek sulkes aan my televisie, DVD masjien, klanksisteem en die vleis in my yskas sit sal ek dit kan vind as dit alles [bogenoemd] na die naaste plakkerskamp aangedra word….?
Is nie regtig ‘n nuwe uitvinding of verbetering van reeds bestaande produkte nie. Die regte oplossing is iets wat die GPS koordinate van die verlore item kan lewer.
Wat maak ek as ek die dingetjie ook verlê het?
Ja nee Poot. Dan baklei ons met ons kinders omdat hulle nie aandagtig luister nie :-) hehehe