[Video] Toring verander besoedelde lug in diamante

Die toring (Foto: studioroosegaarde.net)

Die toring (Foto: studioroosegaarde.net)

Lugbesoedeling is dalk binnekort iets van die verlede danksy ʼn Nederlandse kunstenaar wat onlangs ʼn “stofsuier vir lugbesoedeling” ontwerp het wat vuil lug opsuig en die koolstof daarvan onttrek om diamante te vervaardig.

Daan Roosegaarde se sogenaamde “stofsuier”, ʼn 7 meter hoë toring, is ontwerp as deel van China se Smog Free-projek wat deel is van dié land se volgehoue pogings om China meer omgewingsvriendelik en “groener” te maak.

Meer as tien stede in dié land tel onder die 100 mees besoedelde stede ter wêreld.

Gwalior, Allahabad, Patna, Raipur, Ludhiana en Delhi in Indië is tans die vyf mees besoedelde stede ter wêreld.

Die diamant wat vervaardig word deur die koolstof (Foto: studioroosegaarde.net)

Die diamant wat vervaardig word deur die koolstof (Foto: studioroosegaarde.net)

Roosegaarde het tydens die jaarvergadering van die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) verlede maand gesê die idee vir dié ontwerp het onstaan tydens ʼn besoek aan Beijing.

“Die een dag kon ek nog die wêreld sien, die motors en die bome en die mense. Maar ʼn dag of wat later was alles toe in ʼn waas van besoedelde lug. Dié prentjie het my hartseer gemaak,” het hy gesê.

Roosegaarde se toring is reeds in sommige dele van China opgerig en dié gebiede is tot 70% skoner as gebiede sonder die toring.

Roosegaarde het ook gesê die besoedelde lug kan in diamante verander word omdat die besoedelde lug uit minstens 32% koolstof bestaan. Hy het bygevoeg dat die koolstof binne 30 minute onder hoë druk in diamante verander kan word.

Die geld wat uit die verkoop van die diamante gemaak word, gaan gebruik word om die projek verdere blootstelling te gee.

Bron: Weforum

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

A ·

Frik, kan jy dalk sê hoekom nie? Ek het so gehoop dat iemand so vindingryk kan wees om die besoedeling te bekamp.

Knapie ·

Frik, klink vir my ook bietjie dik vir n daalder. Koolstof kan wel op groot skaal in diamant verander word vir industriele doeleindes vir gebruik in industriele boor/sny toerusting. Ek werk elke dag van my lewe daarmee, hier in die oosrand. Die probleem is dat mens gesofistikeerde aparaat en prosesse nodig het. Dit is nie maklik nie. Ek glo nie dat die koolstof in een enkele groot diamant verander word nie. Die proses neem ons weke. Ek vermoed dat dit eerder fyn, lae kwaliteit diamond poeier is, wat dan met een of ander binder aanmekaar gebind word om soos n groot steen te vertoon. Op die fote lyk die steen soos n deursivtige kubus, defnitief nie diamant nie, met n swart kern – bogenoemde doamant poeier.

Op n meer tegniese noot: die proses verg energie. So dit maak dalk die onmiddelike omgewing skoon, maat êrens is daar n arme kragstasie wat noe moer harder werk en meer rook in die atmosfeer moet inblaas om die gedoente aan die gang te hou.

Maria van Dieweeck ·

“Haai oe koning Rosebaard!” – Liewe Heksie

zahn ·

Hier in die townships gaan ons dalk die skaapkop van Siener Van Rensburg kan maak uiteindelik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.