Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vandeesweek ’n proklamasie onderteken ingevolge waarvan dié land se nasionale raad vir ruimtesake heringestel sal word.
Dié liggaam is oorspronklik in 1989 ingestel en hoewel dit nooit formeel ontbind is nie, het dit in 1993 opgehou om te bestaan.
Die nuwe liggaam, wat sal bestaan uit onder meer die vise-president, verskeie ministers, begrotingskenners en Nasa, moet die president oor beleid en ook langtermynplanne oor die VSA se ruimteprogram adviseer.
Die raad moet ook ʼn strategie vir ruimtebedrywighede ontwikkel. Nouer samewerking tussen die burgerlike, veiligheids- en private ruimteprogramme moet bewerkstellig word.
Lees die volledige proklamasie hier.
Trump is n ware en sterk leier. Hy gaan nog baie vir Amerika, die Weste en die mensedom doen as hy lank genoeg nog tyd gegee gaan word.
Baie waar! Trump en die Amerikaanse publiek laat my dink aan ‘n Pa wat moet huishou met sy rebelse kinders. Soos enige Pa wil hy eenvoudig net hul veiligheid en voorspoed verseker vir hul en hul nageslagte. Later besef die rebelle (met die grysheid kom die wysheid) dat Pa eintlik reg was en dat sy liefde vir hulle nog altyd net onselfsugtig was. Teen daai tyd is Pa nie meer daar nie en rig hulle ‘n standbeeld van Pa op om hul te herinner aan die positiewe impak en opoffer wat hy as uitmuntende leier gemaak het.
Die aarde is plat en NASA lieg oor ALLES! Doen jou eie navorsing
Plat Anna,
Ek is seker daar is iets beters om te doen as om uitlokkende, sinnelose kommentaar te lewer?
So…gaan die “North American Space Agency” nou weer hulle eintlike werk doen en minder climastrology?;-)