Wat is die Arbeidsfaktor?

Argieffoto (Foto: Pexels)

Die arbeidsfaktor (PF – power factor), is die verhouding tussen kW (kilowatt) en kVA (kilovolt-ampère). Die verskil tussen die twee groothede word veroorsaak deur reaktansie in die stroombaan en verteenwoordig elektriese energie wat geen nuttige werk doen nie. Die ideale arbeidsfaktor is 1 maar ʼn mens kan enigiets verwag van 0,5 tot 0,99.

Wat veroorsaak ʼn lae Arbeidsfaktor?

In fabrieke word meestal drie fase induksie-motors gebruik. Ons weet dat die induksie-motor teen ʼn swak arbeidsfaktor funksioneer. Onder geen-las of ligte-las toestande wissel die arbeidsfaktor van 0,2 tot 0,3. Maar onder ʼn vol las, werk die elektriese motor beter met ʼn arbeidsfaktor rondom 0,85. Sulke induksie-motors is een van die grootste oorsake van lae Arbeidsfaktor.

Waarom is die Arbeidsfaktor belangrik?

Verbetering van die Arbeidsfaktor kan stroomdraende kapasiteit maksimaliseer, spanning op toerusting verbeter en laer elektriese rekeninge tot gevolg hê. Die eenvoudigste manier om die arbeidsfaktor te verbeter, is om PF-kapasitore by die elektriese stelsel te voeg. PF-kapasitore dien as reaktiewe stroomgenerators. Hulle help om die nie-werkende energie wat gebruik word deur die induktiewe las in die elektriese stroomkomponent te sit, wat sodoende die Arbeidsfaktor te verbeter.

Wanneer beïnvloed Arbeidsfaktor my?

Daar is slegs spesifieke omstandighede waar ʼn Arbeidsfaktor van toepassing is:

  • ʼn Swak Arbeidsfaktor verhoog die maksimum-aanvraaggedeelte van jou rekening – as daar geen maksimum of piekvraag lynitem op jou rekening is wat in kVA gemeet word nie, dan is dit nie van toepassing nie. In die meeste medium en hoër kommersiële of industriële skaal geboue sal dit op die rekening van toepassing wees. As jy na jou rekening kyk sal jy sien of jy ʼn kVA-bedrag moet betaal. Indien jy dit moet betaal dan word jy beïnvloed.
  • As jy die ampère wil verminder maar geen verandering wil maak nie, dan kan jy ʼn Arbeidsfaktorpaneel installeer.
  • ʼn Belangrike ding om te onthou is dat lae Arbeidsfaktor nie jou energieverbruik (kWh) verhoog of verlaag nie. Onthou, as jy slegs vir energieverbruik (kWh) betaal, sal daar geen voordeel wees om ʼn Arbeidsfaktorpaneel te kry nie.

Waarom moet ek my Arbeidsfaktor verbeter?

Kliënte in die elektrisiteitsmark met kommersiële en industriële installasies betaal vir die skyndrywing kVA wat verbruik word. Die totale skyndrywing kan egter nie nuttig aangewend word nie. Om ʼn Arbeidsfaktorpaneel te installeer word die Arbeidsfaktor verbeter. Sodoende word die reaktiewe kragkomponent van die verbruiker aansienlik verminder wat tot gevolg het dat die besigheid elke maand geld spaar.

Hoe verbeter ek my Arbeidsfaktor?

Daar is verskeie metodes om die Arbeidsfaktor te verbeter. Dit kan onder andere die volgende insluit:

  • Arbeidsfaktor-regstelling deur middel van ʼn eenvoudige stelsel in jou elektrisiteitsverspreidingpaneel ten einde die Arbeidsfaktor te reguleer deur toepaslike grootte kapasitors in en uit die stelsel te skakel. Die stelsel is spesifiek ontwerp vir jou maatskappy se bedryfsprofiel.
  • Opgradering of vervanging van induktiewe laste wat nie naby hul ontwerpvermoë funksioneer nie.
  • Die gebruik van Reëlbare Spoedaandrywing (VSD – Variable Speed Drives) om elektriese motors te beheer na gelang van die motorspoed of -wringkrag wat nodig is.

Hoe monitor ek die verbetering?

Die verbetering kan eerstehands gesien word deur die stroom te meet. Mettertyd sal dit in jou kragrekening weerspieël word as ʼn vermindering in verbruik, spesifiek ʼn vermindering in die skynbare kragverbruik (kVA).

Hoe lank gaan dit vat vir die belegging om homself af te betaal?

  • Die kostebesparing van die installering van ʼn Arbeidsfaktorpaneel sal afhang van die grootte van jou installasie en die Arbeidsfaktorpaneel. Hoe laer die Arbeidsfaktor is, hoe duurder sal dit wees om dit reg te stel.
  • Hoe laer die Arbeidsfaktor egter is, hoe hoër is die potensiële besparings en dus sal die opbrengs op die belegging oor ʼn korter tydperk gesien word.

Gevolgtrekking

Kommersiële en industriële terreine, waar daar baie induktiewe laste geïnstalleer is, moet die korrekte aanpassing van Arbeidsfaktor oorweeg, tesame met ander metodes om die verbruik van elektriese krag te verminder.

Besoek PFC Engineering by Sakeliga KragDag 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.