Die kommunikasiediens, Skype het Maandag wêreldwyd probleme ervaar.
Die maatskappy het in ʼn verklaring op sy webwerf bevestig hy is bewus van die probleem en dat gebruikers nie aanlyn kan inskakel nie. “Gebruikers sal nie hul status kan verander nie, hul kontakte sal nie aanlyn vertoon nie en hulle sal nie Skype-oproepe kan maak nie,” lui die verklaring.
Skype se webwerfbediener is intussen ook oorlaai en gebruikers kan ook nie meer van die webwerf gebruik maak om boodskappe te stuur nie.
“Ons werk so gou as moontlik aan ʼn oplossing,” het die maatskappy bevestig. “Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak.”