WhatsApp groet BlackBerry, Nokia

WhatsApp

WhatsApp

Die boodskapdiens WhatsApp het onlangs aangekondig dat hy nie meer enige ondersteuning gaan bied vir BlackBerry of Nokia-selfone nie.

“Toe ons in 2009 met WhatsApp begin het, het selfone baie anders as vandag gelyk,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê. “Ongeveer 70% van slimfone was in daardie stadium óf BlackBerry of Nokia. Bedryfstelsels deur Google, Apple en Microsoft, wat vandag 99.5% van die mark verteenwoordig, was in daardie stadium minder as 25% van mobiele toestelle wat verkoop is.”

Die maatskappy het gevolglik besluit om teen die einde van 2016 sy ondersteuningstelsel vir WhatsApp op die volgende platforms te staak:

BlackBerry, insluitend BlackBerry 10
Nokia S40
Nokia Symbian S60
Android 2.1 en Android 2.2
Windows Phone 7.1

“Alhoewel hierdie slimfone ʼn belangrike deel van ons storie was, beskik dit nie oor die eienskappe wat ons benodig om ons gebruikers beter maniere te bied om in kontak te bly met hul vriende, familie en geliefdes deur WhatsApp nie,” lui die verklaring.

Die maatskappy beveel aan dat, indien jy enige van die bogenoemde toestelle gebruik, om op te gradeer na ʼn nuwer Android, iPhone of Windows-slimfoon voor die einde van 2016 om seker te maak dat jy nog steeds WhatsApp kan gebruik.

Vertel ons gerus in die kommentaar: Word jy hierdeur geraak? Hoe oud is jou slimfoon?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

camelia ·

Sluit dit al die blackberry’s in of net ‘n seker maak van die blackberry’s??

Arno ·

Ek kan nie sien hoe hulle gaan geld verloor op ‘n gratis app nie.

Tensy jy hulle elke maand ‘n klomp geld betaal waarvan ons nie weet nie

ansa ·

Stellig glo ek dat 70% van die land mense is wat nog ouerige fone het, wat nie kan bekostig om duurder fone te koop nie. Die ouer garde sal verseker whatsapp verloor en sodoende kontak met meeste verloor.

Rina Opperman ·

Ja, dit gaan my definitief raak! My Blackberry is al 4 jaar oud en ek doen alles met die foontjie en om nou ‘n nuwe foon te leer werk, is skrikwekkend! WhatsApp is wonderlik, sal nie graag daarsonder wil wees nie! Dankie vir julle goeie artikels!

Vicus ·

Mense, lees weer die berig en probeer verstaan. Die sagteware van hierdie telefone het “outdated” geraak. Dit is ongelukkig n feit dat beide Blackberry en Nokia ( ek het beide gehad) nog altyd met hulle bedryfsagteware gesukkel het. Dit is nie so duur om n ander foon te kry nie. Vir so min as R175 kan jy ‘n goeie Samsung (android) met R110 se lugtyd bekom.

Alischa ·

Ek en my man kan nie upgrades bekostig nie,ons Blackberrys is al wat ons het om in kontak te bly met ons famielie. Ons sal maar ander manier moet kry as ons nie meer what’s app kan gebruik nie. Ek weet baie skole maak ook baie gebruik van what’s app veral my kinders se skool,hul het baie groepies oop vir sport en ander akt. Tot self om met ouers en onderwysers in kontak te kom. Hoop maar ons sal ‘n ander manier kan kry.

Hannerie ·

Dit sal baie hartseer wees ander fone as BB se data is baie duur. En ons is regtig baie afhanklik van whatsapp. En kommunikeer op whatsapp vir nood groepe. Om ons gemeenskap ook gratis by te staan. Dit gaan kommunikasie baie moeiliker maak. Ons nood groepe kommunikeer uitsluitlik op whatsapp dag en nag om te weet as daar ‘n noodgeval is wat aandag nodig het.

Paul. ·

Nou wat van ons pensioners wat nie kan bekostiig om daai nuwe foone kan koop nie dankie

Ilza ·

Teleurstellend. Iemand anders soos WeChat of Viber gaan eenvoudig hulle plek in die mark inneem. Daar is te veel mense wat ou fone, Nokia’s en Blackberry’s nog het.

Rebekka ·

Regtig. Kan nie verstaan dat whatsapp so dof kan wees nie. Nie almal kan upgrades bekostig nie. My blackberry is my foon. Gaan definitief nie kan bekostig om te upgrade na duurder fone nie. Sal maar moet leer om sonder whatsapp te gaan en voort te gaan.

Vicus ·

Ekskuus, die bedrae wat ek genoem het is per maand. Gaan werk uit hoeveel lugtyd jy per maand koop en jy sal verbaas staan as jy dit met n kontrak foon vergelyk.

Susan Naudé ·

Dan is dit nou maar tot daarnatoe. My ou blackmerrie en ek loop al 4jaar lank saam.stel nie belang in “touchscreen” nie!! ‘n Nuwe foon kan ek beslis nie bekostig nie. R175p.m. Is miskien nie baie nie,maar dan betaal mens dubbel die prys van die foon teen die tyd dat jy klaar betaal het! En dan is die dingetjie dalk alweer “outdated”. Ai, kanni wenni…. :(

jennefer ·

Stem saam, ek is nog steeds mal oor my “blackmerrie, seker maar weer n set om mens te dwing om n nuwe foon te koop. en as ek mense so met die grote selfoon in die hand sien loop, want daai grote foon pas nie in broeksak, dan raak ek eers weer lief vir my “blackmerrie”

Mientjie ·

Pep het Samsung foontjies vir ongeveer R399. Koop n Cell C simkaart en gebruik hulle R5 per maand Whatsapp bundle. Glo dit gaan die goedkoopste opsie wees :)

Disselboom ·

Dis darem so ietwat sosialisties en denke van ander moet vir my sorg as mens iets wat meeste mense as ‘n gratis diens gebruik, so sit en bekerm as die verskaffer sy besluite neem. Gedink Afrikaners het so bietjie meer inbors as dit.

Bertus ·

Ek stem 110% saam die artikel. Blackberrys en nokias doen dit nie vir my nie. Ek glo net aan Samsung en Sony. Dit is fone wat amper elke maand ‘n nuwe software kry wat mens kan update. Dit is nie vir my ‘n skok nie. Blackberrys en nokias was op ‘n tyd die ding om te he. Nou dat ander fone beter is as dit nou huil almal. Spaar mnt ‘n biekie en dan kan julle ook dalk so foon bekostig. Dankie

Dee ·

Samsung verkoop nòu naam. Ek het na jare se Samsungs twee weke gelede ‘n Huawei P8 aangeskaf en skielik besef daar is beter mobiele fone as Samsung maar jy moet rondkyk en nie vassteek by een naam.

henk ·

En nou sit ek hier met my vonkelnuwe R8625 Blackberry Passport… Ek moes ‘n ander selfoon gekoop het… #fail

Dee ·

Die Blackberry mense is soos die Samsung aanhamgers; koop ‘n naam. Huawei hardloop onder hulle uit.

Peet ·

Weet julle dis waar, ek reis baie oorsee, verlede jaar was ek Guinea toe, orals in Dubai en Cassablanca orals op die lugahawens het almal Samsung en Aple smart phones gehad, en moet se ek met my Blackmerry het gesukkel ek in Guinea net whatsup gebruik waar ander mense volle gebruik gehad het, kon self’s op vliegtuig hulle phones gebruik, dis n jammerte maar dis reality

Peet ·

Ek en my pa praat net gister hy het sy Blackmerry verruil vir Samsung, hy n pensioner sukkel met Samsung want hy betaal elke keer vir updates as hy sy data aansit, met die gevolg nou sukkel ons alreeds om in kontak te bly,

Veritas ·

Peet as jy só met Afrikaans sukkel, kan ek verstaan hoekom jy met jou Blackberry gesukkel het.

Zena ·

Mientjie, ek weet darem nou nie of daai R399 se samsung sal kan whatsapp nie. hang af wat se Android dit is. moet ten minste seker n Android 4 wees. Ek dink n vodacom Kicka van R499 sal die ding kan doen.

Mike ·

Ek het en sal nooit n sel foon besit,dit is geld en baie moeite.

Petro ·

Ek gebruik n Blackberry Q10 en ek love die foon ek gaan nie my kinders se kos uit hul monde vat om vir my n nuwe foon te koop nie eks op prepaid ook so as whatsapp dit wil doen moet hul dit maar doen regtig whatsapp vernietig in elk geval net huwelike.Dankie Tog daar is darem nog iets soos BBM en Facebook.

Mientjie ·

Petro – hoe kan whatsapp huwelike vernietig? Dis dan n boodskap diens net soos sms?

KLEIN ·

Ek en my vrou se selfone is reeds ±5 jaar oud.Beide van ons is op pensioen en kan nie nuwe fone bekostig nie. dit is ook al komunikasie wat ons met ons kinders en familie het. WhatsApp moet mooi dink voordat hy tot so `n stap oorgaan.

Hannerie ·

Dit sal baie hartseer wees ander fone as BB se data is baie duur. En ons is regtig baie afhanklik van whatsapp. En kommunikeer op whatsapp vir nood groepe. Om ons gemeenskap ook gratis by te staan. Dit gaan kommunikasie baie moeiliker maak. Ons nood groepe kommunikeer uitsluitlik op whatsapp dag en nag om te weet as daar ‘n noodgeval is wat aandag nodig het.

Fritz ·

Ek pas my fone baie goed op en gee elke twee jaar vir haar n “nuwe” foon. Gelukkig sal sy nooit die probleme he nie.

Louis C. Prinsloo ·

Gebruik fone wat kan werk via wi fi mense. Ek verstaan ook mense se meenings, wil rond beweeg en steeds internet gebruik hê op fone, steeds spaar mens baie geld sodra deur wi fi werk; want deur wi fi is dit gratis. Data gebruik mens slegs wanneer nie meer gekonekteer is met wi fi nie. Data voel ek moet gratis gemaak word vir chats/sekere games om mense te vermaak, data/belgeld kan slegs afgetrek word vir apps waar mens goedere/dienste koop

Siela ·

Zena die foon van R399 by Pep KAN whatsap en jul sal verbaas wees oor die mooi fotos wat hy kan neem.. Selfs al is sy pixels nie groot nie. Samsung weet beslis wat hul doen hoor.

Johanna Stone ·

Gebruik Viber applikasie instede van Whatsapp. Viber werk net soos Whatsapp . Dit is gratis.
Webbladsy: http://www.viber.com/en/
Jy gebruik dit net soos Whatsapp en kan enigeen kontak wat ook Viber op hul foon het. Die applikasie ondersteun alle mobilie fone en dit is gratis wanneer jy dit gebruik deur die wi fi. Ek gebruik dit met vriende en famile al oor die wereld en dit werk uitstekend.

Nicky ·

Dit is sommer simpel. Almal kan nie op gradeer net om whatsapp te behou nie. Daar sal wel iets anders uitkom wat ons kan gebruik. Ek gaan nie my BlackBerry opgee vir whatsapp nie. Ekt ‘n Z10 en gradeer op na die PRIV. So dan groet ek maar whatsapp

RITA ·

Sal maar my Edgars rekening moet “max” vir n nuwe foon. Ek is baie lief vir my blackberry. Glo nie aan n kontrak foon nie. Het nog al die jare n “pay as you go” gehad. Ek glo daar sal n uitkoms wees vir die mense wat nie n nuwe foon kan bekostig nie.

Elize ·

My man het so pas n Blackberry Z10 gekoop en hy is nog nie eers geaktiveer nie!!! Dis regtig swak. !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.