WhatsApp: Kikker jou foto’s en video’s op

Nuwe WhatsApp kamera-funksies.

Nuwe WhatsApp kamera-funksies.

WhatsApp het talle nuwe funksies bekendgemaak om foto’s en video’s, wat jy met dié gewilde boodskapdiens stuur, op te kikker en te verpersoonlik. Met WhatsApp se nuwe kamera-funksies kan jy skryf en emotikons byvoeg op foto’s en video’s wat jy geneem het.

Wanneer jy ʼn nuwe foto neem, of selfs ‘n foto uit jou fotogalery gebruik, sal jy outomaties die nuwe redigeringsopsies sien. Jy kan byvoorbeeld ʼn groot rooi hart op jou foto teken om te wys jy verlang na iemand, of self ʼn boodskappie byvoeg in die kleur en skrif van jou keuse.

Die nuwe funksies ondersteun ook die voorste flitsfunksie van jou selfoon, wat sal verseker jy neem die perfekte selfie. Dit sal ook jou skerm helderder laat vertoon in swak lig of in die aand om die gehalte van jou foto te verbeter. Daar is ook ʼn gerieflike inzoem-funksie wanneer jy iets op video wil vaslê. Jy hoef net jou vinger op en af op die skerm te beweeg om in en uit te zoem. Jy kan ook vinnig tussen die voorste- en agterste kamera verwissel deur net twee keer na mekaar op die skerm te druk.

Die nuwe funksies sal volgens ʼn verklaring, wat deur WhatsApp uitgereik is, binnekort beskikbaar wees. Mense met Android-fone sal die nuwe funksies eerste kan geniet, terwyl iPhone-gebruikers ook eersdaags die funksie sal hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.