Wikipedia: Onderwyser, word gekroon as die Wiki-Onnie!

Maroela Media het onderwysers se hulp nodig om ʼn bydrae tot die Afrikaanse biblioteek op Wikipedia te maak. Daar is reeds byna 68 000 artikels in Afrikaans op Wikipedia beskikbaar, maar dit skiet nog ver te kort aan die behoefte van Afrikaanse skoliere.

Maroela Media wil onderwysers aanspoor om soveel as moontlik artikels op die Afrikaanse Wikipedia te publiseer, sodat ons ʼn nalatenskap van kennis in Afrikaans vir ons kinders kan bou.

Onderwysers kan met hulle kundigheid en ervaring inligting in Afrikaans aan skoliere beskikbaar stel.

Die onderwyser wat tussen 11 Desember 2018 en 31 Maart 2019 die meeste artikels op die Afrikaanse Wikipedia gepubliseer het, staan die kans om sy of haar salaris vir een maand te verdubbel, en boonop as die Wiki-onnie gekroon te word!

Dié video wys jou hoe om te werk te gaan om ʼn artikel op Wikipedia te publiseer. Onthou om die vorm te voltooi as jy vir die prysgeld in aanmerking wil kom. Stuur enige navrae per e-pos aan [email protected].

 

Bepalings en voorwaardes

  • Slegs een wenner sal aangewys word.
  • Die inskrywingsvorm onderaan die artikel moet volledig ingevul wees.
  • Gehalte en lengte van artikels moet op aanvaarbare Wikipedia-standaard wees. Besoek die portaal vir nuwelinge en bestudeer die wenke vir die skryf van ‘n goeie artikel.
  • Die wenner moet sy of haar maandelikse salarisstrokie aan Maroela Media stuur en ons sal jou salaris verdubbel tot en met ʼn maksimum van R25 000 wat in jou persoonlike bankrekening gedeponeer sal word.
  • Die prysgeld sal binne tien dae nadat die wenner bekend gemaak is, uitbetaal word.
  • Slegs volwaardige artikels met genoegsame woorde, verwysings, opskrifte en prente sal aanvaar word.
  • Slegs geregistreerde onderwysers met ʼn SACE-nommer kan in aanmerking kom vir die prysgeld.
  • Die beslissing van die organiseerders oor watter onderwyser die meeste artikels gepubliseer het, is finaal. Geen verdere korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.
  • Slegs artikels wat tussen 11 Desember 2018 en 31 Maart 2019 in Afrikaans deur die betrokke persoon op Wikipedia gepubliseer is, sal in aanmerking kom vir die prysgeld.
  • ʼn Minimum van 20 artikels moet deur die deelnemer gepubliseer word in die tydperk tussen 11 Desember en 31 Maart 2019 om in aanmerking te kom vir die prysgeld.
  • Indien geen persoon die minimum getal artikels haal nie, kan die sperdatum van die kompetisie aangeskuif word. Dié besluit berus by die organiseerders en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.