Advertensiebemarker

Die pos is in Kloofsig, Centurion, gebaseer. Om vir die pos in aanmerking te kom, benodig jy ʼn toepaslike naskoolse kwalifikasie asook ’n minimum van drie jaar ervaring binne ʼn media- en bemarkingsomgewing.

Slegs kandidate met kennis en ondervinding van die Suid-Afrikaanse advertensiebedryf asook digitalemedia-ondervinding sal in aanmerking geneem word.

Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel sal strek, is uitstekende kommunikasie- en onderhandelingsvaardighede; goeie interpersoonlike en aanbiedingsvaardighede; prioritiseringsvermoë; goeie menseverhoudinge; en rekenaarvaardighede.

Die pos behels hoofsaaklik die:

  • Die najaag en bereik van advertensiedoelwitte
  • Werwing van digitale advertensies
  • Bestuur van veldtogte op die advertensiestelsel
  • Bou van langtermynverhoudings en sleutelrekeninge

Indien jy dié profiel pas, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 18 Maart 2018 aan Mienke Mostert.

Indien jy nie binne drie weke na die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae