Boekhouer

Nuwe pos

Die pos is gebaseer in Kloofsig, Centurion. Om te kwalifiseer benodig jy ʼn toepaslike diploma in rekeningkunde of ’n gelykwaardige kwalifikasie met Rekeningkunde op tweedejaarsvlak en twee jaar se toepaslike ondervinding.

Vaardighede benodig sluit in: kennis van Pastel Evolution en Excel; rekeningkundige vaardighede; goeie organiserings- en kommunikasievaardighede; handhawing van goeie menseverhoudinge; administratiewe vaardighede; tik- en rekenaarvaardighede; die dryfkrag om sperdatums te haal; en die vermoë om onder druk te kan werk.

Verantwoordelikhede sluit onder meer in, maar is nie beperk nie tot: maandelikse joernale, fakturering, vastebatebestuur, algemene boekhouding werk en ad hoc-projekte.

Indien jy dié profiel pas, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) per e-pos na René Harmse.

Sou jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer kry nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae